•••
HA N D E LSN U U S
Sand en stof van Hoopstad
AUBREY KRUGER
HOU DIÉ VERHOUDINGSBESTUURDERS GEWORTEL
DIE TWEE VERHOUDINGSBESTUURDERS BY
HINTERLAND SE SENWES VILLAGE TAK IN HOOPSTAD
IS JOHAN TERBLANCHE EN ANDRÉ DE KOKER.
J
ohan baseer sy werk op die
leuse: “My verskaffers is my
vennote in my besigheid, en
ek poog weer om ‘n vennoot
in hulle besigheid te wees.” En
dis basies wat sy werk behels.
Kontak met klante en verskaffers
is ‘n deurlopende een-tot-eenkommunikasieproses.
Johan sê dis Hoopstad se
mense wat hom uniek maak.
“Die mense neem jou aan en
dan is jy deel van Hoopstad.” ‘n
Verdere kenmerk van Hoopstad
is dat dit ‘n lae reënvalgebied is
met goeie opbrengste in nat jare.
Nadat hy aan Hoërskool
Wesvalia in Klerksdorp
gematrikuleer het en sy twee jaar
diensplig voltooi het, het hy as
verkoopsklerk in 1987 by Senwes
in Klerksdorp begin werk. Nadat
hy vir twee jaar as aflos gewerk
het, was hy Takbestuurder
by Bethulie, Viljoenskroon,
Steynsrus en Hoopstad voor
hy die laaste vier jaar as
Verhoudingsbestuurder begin
werk het. Hy en sy vrou Susan
het pas hul silwer bruilof (25
jaar) op 3 November gevier en
hulle het twee kinders, naamlik
Cornell (18) en Gericke (16).
Johan geniet sy kinders en
hul liefde vir sport en natuurlik
perde, wat jy duidelik agterkom
met al die foto’s in sy kantoor.
Hy geniet sy werk onsettend
baie en is so gelukkig dat
hy dit eintlik nie as ‘n werk
sien nie: “Ek is een van min
bevoorregtes wat vir 365 dae per
jaar met “verlof” kan wees, en
Senwes betaal my hiervoor.”
Vir hom is Hoopstad
‘n dankbare wêreld waar
Die Verhoudingsbestuurders by Hinterland se Senwes Village tak in
Hoopstad is André de Koker en Johan Terblanche.
20
Desember 2015/Januarie 2016 • SENWES Scenario
jy enige van ses verskillende
trekkerhandelaars kan kry. “En as
jy eers Hoopstad se grond gevreet
het, sal jy nie hier weggaan nie.”
Volgende aan die beurt is
André. Die Hertzogville-gebore
man het in 1992 by Hoërskool
Hertzogville gematrikuleer, waarna
hy in 1993 by die weermag in
Bloemfontein aangesluit het.
Wat vir André uitstaan omtrent
Hoopstad is “om tussen jou eie
mense te wees en die ervaring
wat jy saam met hulle het.”
Hy geniet sy werk baie en het
al baie geleer. Hy vertel dat mens
hier glad nie hoef te stagneer
nie omdat jy jouself hier kan
opwerk. Hy noem dat hy in 1994
en 1995 eers op ‘n produsent
se plaas gewerk het. Daarna by
Aucamp Boerdery met Marius
en Theuns vanaf 1995 tot 1997.
Hy was vir die volgende twee
dekades deel van die sektor en
was eers by Suidwes in Hoopstad
vanaf 1997 tot 2007 as junior
bemarker en stoorbestuurder.
Vanaf 2007 tot Mei 2014 was
hy hoof van werf en store by
Senwes, waarna hy op 1 Junie
2014 as Verhoudingsbestuurder
aangestel is. Hy kyk veral op na
Johan. “Johan is my mentor.
Ek leer baie by hom om die
werk suksesvol te kan doen.”
Dié Blou Bul is ‘n familieman
en hou ook van kamp en die
buitelewe. André is vir die laaste
16 jaar getroud met Antoinette
en hulle het twee kinders,
Jo-Marie (13) en Esmé (10).
Hy voel dieselfde as Johan oor
Hoopstad en gee sy gevoelens
so weer: “As jy eers Hoopstad se
sand in jou are het is dit moeilik
om daarvan ontslae te raak.”