Sandveld Country Quilt Grp - Newsletter Feb 2020 Nuusbrief Feb 2020 Whats App | Page 6

SANDVELD CHALLENGE 2020!!! TEMA: Uit my gemaksone INHANDIGINGSDATUM: 1 Julie 2020 VOORSKRIFTE: Maak ‘n kwilt wat uit 3 lae bestaan (voorkant, watteersel en agterkant) en wat deur 3 lae gekwilt is. • Grootte : 16” x 20” (0.4m x 0.5m) • Daar moet ten minste EEN log cabin blok in die kwilt wees • Daar moet ten minste EEN reghoek, vierkant of driehoek in die kwilt wees • Enige metode kan gebruik word • Enige randafwerking kan gebruik word • Borduurwerk en versierings is toelaatbaar Die agterkant: • ‘n 10cm band moet aan die bokant, agter vasgewerk word, 1 cm van die kant. • ‘n Label (naamplaatjie) moet regs onder in die hoek aangewerk word soos gesien van voor. Dit moet die volgende inligting bevat: Inskrywingsnommer Naam van kwilt Naam van kwilter Sandveld Kontreigilde Challenge kwilt 2020 Bedek alles behalwe die inskrywingsnommer met ‘n swart lappie (ryg losweg bo-oor vas) LET WEL: • Die ONTWERP MOET JOU EIE wees. Dit mag nie ‘n kwilt op Pinterest, ‘n gekoopte patroon of ‘n replika van ‘n ander kwilter se kwilt wees nie. As jy iewers inspirasie gekry het, moet jy dit aanheg. WAT IS OP DIE SPEL: • ‘n Volledige kommentaarblad van 3 SAQG erkende beoordelaars. Dit is nie kritiek nie. Dit sal net sê waarin jy baie goed is en waar jy dalk kan verbeter. Net jy sien dit. Niemand anders nie. • ‘n Kans om ‘n pragtige roset te wen. Daar is 6 op die spel! • ‘n Kans om ‘n lekker groot prysgeld te wen. • Die kans om jou eerste kwilt in te skryf vir ‘n kompetisie. Kontak Mari as jy enige vrae het of hulp benodig by 083 274 9161 “To be creative means to be in love with life. You can be creative only if you love life enough that you want to enhance its beauty, you want to bring a little more music to it, a little more poetry to it, a little more dance to it.” Osho