Sandveld Country Quilt Group Nuusbrief November 2019 proeflees finaal | Page 5

Challenge “Time to Celebrate” 2019 Baie geluk aan Mari Strydom! Sy is die wenner van die kykerskeuse van hierdie “challenge”! Somerkersfees Skenk ons ’n helder Somerkersfees in hierdie land‚ o Heer. Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeue oue taal. Kyk selfs die nagtelike swye vertel die ou verhaal Kersfees kom‚ Kersfees kom – gee aan God die eer. Skenk ons ’n helder Somerkersfees in hierdie land‚ o Heer. Voel jy ook nou sy warm liefde as ons die dag gedenk‚ toe Hy sy Seun aan ons gegee het – ons grootste Kersgeskenk. Kersfees kom‚ Kersfees kom – gee aan God die eer. Skenk ons ’n helder Somerkersfees in hierdie land‚ o Heer. amen (Koos du Plessis – 1971‚ strofes 1-2 & Jannie du Toit – 2001‚ strofe 3) (Lied 358‚ Liedboek van die Kerk)