Die geskiedenis van Valentynsdag - en die verhaal van sy beskermheilige - is in misterie gehul. Ons weet dat Februarie al lankal gevier is as 'n maand van romanse, en dat Valentynsdag, soos ons dit vandag ken, oorblyfsels van beide Christelike en antieke Romeinse tradisies bevat, maar wie was Saint Valentine en hoe word hy geassosieer met hierdie ou ritueel?
Die legende van St. Valentine:
Die Katolieke Kerk erken ten minste twee verskillende verhale rondom hierdie legende:
Een legende beweer dat St. Valentine 'n priester was, wat gedurende die derde eeu in Rome gedien het. Keiser Claudius II het egter besluit dat enkellopende mans beter soldate gemaak het, as dié met vroue en gesinne. Daarom het hy die huwelik vir jong mans verbied. St. Valentine, het die onreg van die besluit besef en het Claudius se besluite probeer verdruk deur in die geheim jongmense te trou. Valentine se geheime huwelike is egter ontdek en Claudius het beveel dat hy doodgemaak moet word vir sy dade.
Die tweede legende dui daarop dat St. Valentine dalk vermoor was omdat hy Christin gevangenisse gehelp het om uit moeilike Romeinse gevangenis te ontsnap, waar hulle dikwels geslaan en gemartel is. Hy is egter in hierdie verhaal ook uitgevang en met die dood gevonnes. Een van die gevangenes het glo die heel eerste “Valentine” van hom af ontvang.
Daar word beweer dat hy op een van die gevangenes verlief was en dat hy voor die bevel van sy dood, vir haar 'n brief geskryf het, onderteken: "Your Valentine"… 'n
uitdrukking wat vandag nog in gebruik is.
Alhoewel die waarheid agter valentynsdag se oorsprong donker is, beklemtoon die verhale St. Valentine se appèl as 'n simpatieke, heldagtige en belangrike-romantiese figuur. Ons dames kan hom ewig dankbaar wees vir die sjokolade, blomme en briefies wat ons elke jaar op die 14de Februarie ontvang.
Op ’n “single” noot:
In Karlien glo ons natuurlik “no woman gets left behind” en daarom is daar vir ons “single” dames ’n aksie gereël. Aangesien meeste van Karlien se dames reeds ontdek is en hulle harte reeds deur gelukkige wenners gesteel is, was dit ’n gesukkel om ’n internet kabel gereël te kry. Die kabel is egter gevind en pizza, popcorn en wyn was gereed om die aand mee af te skop. Die dames het “The Grinch” gekyk omdat hy oor kersfees voel, soos wat hulle oor valentynsdag voel. Die aand was ’n reuse sukses en almal het die aand saam met hulle mede Karlien vriendinne geniet. Onthou net dames, elkeen van ons se pad is anders uit gelê… God gaan nog nie vir jou die regte een stuur, as Hy weet dat die jong man nog nie vir jou gereed is nie. – “He won’t send you your knight in shining armour before his armour hasn’t been properly shined”.