San Lameer Newsflash/Nuusflits Oct/Nov 2017 | Page 8
CLUB NEWS CONTINUES / KLUBNUUS VERVOLG
Ons het in Oktober ons jaarlikse lentebehandeling op die setperke
gedoen, met klein 12mm “tines”. Die setperke het baie goed
herstel en sal 'n goeie grasbedekking tot gevolg hê. Ons is besig
met 'n paar klein projekte soos die herbou van dammure,
vergroting en gelykmaking van die bowwe en herstel van die
gholfkarretjie paaie. Dit sal alles teen einde November voltooi
wees, gereed vir die besige seisoen.
Lidmaatafslag
As 'n teken van waardering vir jou ondersteuning aan die
klubhuis en kroeg, is ons bly om te bevestig dat 'n
lojaliteitsprogram nou alleenlik is vir ons huiseienaars beskikbaar
is.
Ons het die stelsel vanaf 1 Oktober 2017 verander. Jy ontvang
nou 'n onmiddellike afslag van 7,5% op alle kos & drank wat in
die kroeg of halfweghuis gekoop word, wanneer jy jou kaart
gebruik. Vir meer inligting, kliek asb op die onderste skakel.
Merk asseblief hierdie datums op jou kalender:
Ÿ 19 Desember 2017 – Klubkampioenskappe (A, B & C-
Ÿ
Ÿ
Ÿ
Ÿ
Ÿ
afdelings)
20 Desember 2017 - Informele inligtingsvergadering by die
klub se sitkamerarea.
21 Desember 2017 – Algemene Jaarvergadering om 15:00
by die klub se sitkamerarea (let asseblief daarop dat dit
van voorheen by die Landgoedkantoor se kelder was)
22 Desember 2017 - Presidentsbeker
23 Desember 2017 - San Lameer Ope (A, B & C-afdelings)
1 Januarie 2018 – “Greenkeepers Revenge”
Bespreek asseblief jou afslaantye so gou moontlik vir seisoen
om teleurstelling te vermy. Onthou, gholfkarretjies kan NIE
vooraf bespreek word nie, hulle is op 'n streng "first come,
first served" basis.
Afslaantye is van 6:00 – 8:00 vanaf albei bowwe en 11:00 –
1:00 in die namiddag.
Sien jou binnekort.
Groete in gholf,
Meyer du Toit
Golf Director / Gholf Direkteur