San Lameer Newsflash/Nuusflits Oct/Nov 2017 | Page 12

CROWN EAGLES CONTINUE / KROONARENDE VERVOLG diep en gevolglik kan 'n mens nie daarin sien nie, maar verskeie gedragsaspekte van die arende, is oorredend. Eerstens, lewer die mannetjie meer gereeld kos as wat hy geneig is om te doen as die wyfie op eiers sit. Tweedens, sit die wyfie baie hoër in die nes. Wanneer sy broei, sit sy baie laag en plat. Derdens, het sy die afgelope twee weke gereeld met haar bek in die gebied onder haar bors gevroetel. Dit sê vir ons dat 'n nuwe kuiken warm gehou word en haar aandag geniet. Laastens, wanneer die kos (hoofsaaklik dassies en apies op die oomblik) deur die pligsgetroue mannetjie afgelewer word, sny sy klein stukkies vleis af met haar bek, wat dan in die dieptes van die nes na die kuiken, verdwyn. Die merkwaardigste aspek hiervan is iets wat op 8 September gebeur het. Die jong kroonarend wat verlede jaar uitgebroei het, het dit baie moeilik gevind om haarself van die nes te skei en die gebied te verlaat. Dit was waarskynlik omdat daar vir sommige vreemde redes vanjaar baie min dassies en apies op die landgoed beskikbaar was. Oudergewoonte, behoort sy die gebied in Julie te verlaat het. Maar sy het gebly en gereeld vir kos gekerm totdat die mannetjie maar ingegee het en 'n stukkie karkas op een van die bome op die 17de skoonveld geplaas het. Maar op 8 September was die jong kroonarend desperaat. Die volwasse wyfie het reeds al vir 20 dae lank op haar eier(s) gebroei. Om 10:20 het die jong kroonarend na die nes gevlieg (baie ongewoon), haar ma uitgejaag toe die besig was om van die karkas van 'n aap te eet, wat vroeër die oggend deur die mannetjie aan haar afgelewer was. Aanvanklik het die wyfie rond gevlieg en toe verdwyn om die mannetjie te gaan roep. Die twee het om 13:00 na die nes teruggekeer waar die mannetjie toe die jong kroonarend aanval en wegjaag. Teen 13:20 het die wyfie eers weer op die eiers gaan sit om verder te broei. Dit het beteken dat die eiers drie ure lank ontbloot is in temperature wat geensins warm was nie. In die omstandighede is dit merkwaardig dat ons nou 'n kuiken het en dit sal interessant wees om te sien of die onderbreekte broeifase enige sigbare tekens van gebrekke gaan laat. Toe ek hierdie artikel 'n week gelede geskryf het, was alles pluis. My bedekte waarskuwing van moontlike "gebrek" moes 'n element van “de ja vú” gehad het. Ongelukkig het die kuiken nie oorleef nie. Die gedragspatrone van die volwasse mannetjie en wyfie het skielik dramaties op 24 Oktober 2017 verander, en het my oortuig dat hulle nie meer 'n kuiken voer nie. Professionele robotvliegtuig-vlieënier en fotograaf Marc Frans, van Marina Beach het die nes vir my uit die lug afgeneem en my ergste vrese is bevestig. Die nes was leeg, met net een eier wat klaarblyklik onvrugbaar was. Foto's wat deur die inwoner, Mark McNulty, op 24 Oktober 2017 geneem is, dui aan dat die volwasse wyfie die dag dalk besig was om van die kuiken se karkas ontslae te raak. Die presiese oorsaak van sy ondergang is spekulasie. Die reën en tornado- sterk winde twee dae nadat die kuiken uitgebroei het, kan tot respiratoriese infeksie gelei het, terwyl vyf aaneenlopende dae van reën sonder dat kos aan die nes gelewer is, tot wanvoeding kon gelei het. Dit is dus met 'n swaar hart dat ons die verlies bevestig en moet wag vir die wedergeboorte in Junie 2018. Hopelik sal die nes nie deur die Egiptiese Ganse wat probeer het vir plakkersregte, oorgeneem word gedurende die regstelling van die uitbroeiperiode hierdie jaar nie. Die mees onverwagte ding het gebeur! Vanoggend, Maandag 30 Oktober, was albei volwassenes by die nes. Dit was 'n pragtige oggend en albei arende was besig om hul broeines op te knap. Nie met klein nesvoerings van blare, soos jy sou dink nie. Dit was groot takke wat hulle vir die herbou van die nes gebruik, wat hulle ingevoer het. Dit is iets wat ons nooit ter vore in die broeisiklus gesien het nie, en laat 'n mens wonder of hulle binnekort nog 'n kuiken sal probeer produseer. Ons hou ons asem op en wag in spanning! Opvolg inligting: The male has been summoned and attacks the juvenile, evicting it with little regard for the laws on parental abuse. Photos by / Foto’s deur Jacques Sellschop The adult male and female survey the possible damage to the eggs that have been uncovered for three hours.