San Lameer Newsflash/Nuusflits Jan/Feb 2018 | Page 3
Chairman’s Overview 2017 / Voorsitter se Oorsig 2017
As a Board we are thankful to have a management team that executes our
decisions with energy and enthusiasm. Their commitment and proactive
approach to managing our affairs are very much appreciated and a key reason
why we enjoy a high profile in the industry.
I wish to conclude by thanking you all for always engaging with management
and the Board. Constructive participation by our homeowners fuels a
committed Board and management team. I look forward to a successful 2018
and beyond for San Lameer!
Thank you.
Geagte Huiseienaars,
2017 was 'n besige jaar vir San Lameer, en ek maak graag van hierdie
geleentheid gebruik om u almal namens die Direksie vir u ondersteuning en
positiewe bydraes te bedank. Hierdie is ook `n goeie tyd vir `n terugblik oor
die afgelope jaar en vir `n kykie vorentoe na `n paar van die inisiatiewe wat vir
die toekoms beplan word.
AJV en inligtingsvergaderings
Die Direksie kan slegs ons huiseienaars se belange verteenwoordig as die
eienaars voortgaan om hul insette te lewer. Om hierdie rede is die algemene
jaarvergadering weereens voorafgegaan deur die tradisionele
inligtingsvergadering, waartydens huiseienaars die geleentheid kry om enige
aangeleentheid te opper wat hulle meer breedvoerig wil bespreek. Ons hou
algemene jaarvergaderings nie bloot omdat dit 'n wetlike vereiste is nie, maar
ook om sleutelbesluite en sake van belang te deel en te kommunikeer.
Rolle en verantwoordelikhede
Direksie
Die Direksie se rol word in die akte van oprigting omskryf, maar is oor die
algemeen een van oorsig, korporatiewe bestuur en strategiebepaling. Om
hierdie doelwitte doeltreffend te kan hanteer, funksioneer die Direksie deur
middel van 'n struktuur van direksiekomitees, wat `n behoorlike fokus op ons
besigheid se kernbedrywighede verseker.
Besturende Direkteur
Die verantwoordelikheid vir die daaglikse bestuur van die besigheid en die
implementering van strategie- en ander direksiebesluite berus by ons
Besturende Direkteur en sy span. Dit bied 'n verantwoordingsraamwerk
waarteen hul prestasie gemeet en deur die Direksie geassesseer kan word.
Oorkoepelende doelwitte
Alle aksies en doelwitte word konsekwent aan die hand van die volgende visie
gemeet:
Ÿ As 'n Direksie wat deur bestuur ondersteun word, bly ons oorkoepelende
doelwitte in die bestuur van ons landgoed die skepping van 'n uitnemende
handelsmerk met fasiliteite en 'n kultuur wat van ons 'n belegging sowel
as 'n vakansiebestemming van keuse maak.
Ÿ Om bogenoemde te kan bereik, stel ons hoë verwagtinge aan bestuur om
te verseker dat ons deurlopend ons primêre doelwit bereik, naamlik om
2
aan ons huiseienaars se verwagtinge te voldoen. Ons wil hê hierdie
paradys moet 'n baie spesiale plek vir u en u gesin wees — 'n plek waar
u rus kan kry vir u siel en goeie herinneringe kan opbou...
Vernaamste fokusareas vir 2017
Met bogenoemde in gedagte het ons kernfokusareas gedurende 2017
spesifiek die volgende ingesluit:
Die voortsetting van ons gevestigde en goedgekeurde
instandhoudings- en opgraderingsprogram
Alhoewel ons deeglik bewus is van die finansiële implikasies wat hierdie
program vir huiseienaars inhou, het die oorweldigende positiewe terugvoer
van beide huiseienaars en besoekers aan ons landgoed die voordele daarvan
duidelik uitgelig, en ons bedank u vir u ondersteuning. Die Direksie en bestuur
is daartoe verbind om hierdie uiters belangrike program te voltooi.
Bestuur van watertoevoerkwessies
In die lig van die gebrek aan `n stabiele en betroubare watertoevoer na ons
landgoed (en die negatiewe impak daarvan op ons huiseienaars, ons besoekers
en die San Lameer-handelsmerk in die mark) het die Direksie in November 'n
spesiale taakgroep gestig om bestuur te help om 'n bystand-
watertoevoerstrategie vir die landgoed te ontwikkel. Die bedoeling is dat ons
landgoed gedurende watertoevoeronderbrekings oor spitstye vir twee tot drie
dae lank selfonderhoudend moet kan wees.
Opgraderings
Huiseienaars sou opgemerk het dat daar deurlopend projekte uitgevoer word
om die fasiliteite en estetika van ons landgoed te verbeter. Onlangs voltooide
projekte sluit in dat sekere areas se plaveisel oorgedoen is, dat die
swembadarea opgradeer is en dat 'n dam met 'n geplaveide uitkykdek vir
natuur- en voëlliefhebbers gebou is.
Hierdie projekte sal in 2018 voortgesit word, en ons beplan ook om die
straatligte en padwysers te vernuwe ten einde die voorkoms van ons landgoed
verder te verbeter. Al hierdie inisiatiewe is daarop gemik om te verseker dat
ons landgoed tred hou met nuwe ontwikkelings en 'n voortdurend
veranderende omgewing, omsien na huiseienaars se beleggings en 'n unieke
en aangename kultuur op ons landgoed skep.
As 'n Direksie is ons dankbaar dat ons 'n bestuurspan het wat ons besluite
met energie en entoesiasme uitvoer. Hul toewyding en proaktiewe benadering
tot die bestuur van ons sake word opreg waardeer en is 'n belangrike rede
waarom ons landgoed 'n hoë profiel in die bedryf geniet.
Ek wil graag afsluit deur u almal daarvoor te bedank dat u deurlopend met
bestuur en die Direksie skakel. Konstruktiewe deelname deur ons
huiseienaars verseker 'n toegewyde Direksie en bestuurspan. Ons sien uit na
'n suksesvolle 2018 – en die jare wat daarop volg – vir San Lameer!
Dankie.
Andries Brink
Chairman / Voorsitter