San Lameer Newsflash/Nuusflits August/September 2016 | Page 8

Villa Rentals Villa Rentals News / Villa Rentals nuus San Lameer Villa Rentals is hard at work! We are getting all the villas spring cleaned, ready for the summer season. We are getting all the payments in for the December/January bookings, preparing the villas for the onslaught of guests who frequently visit our Villas. Many guests tell us that they have been coming to San Lameer through Villa Rentals for the past ten years. That is no mean feat and it is really good to hear that some of the guests are becoming part of our family and that we can welcome them back once more. Some guests who have stayed at Villa Rentals before decide to afterwards buy their own villa and then add into our Rental Pool to generate income. We are planning to expand in the near future due to Villa Rentals that has grown substantially in the last two years. An extra set of hands will be beneficial in improving the service and quality in moving forward. We recently implemented a website reservation system that is up and running for the last month. This will guarantee more bookings. Bookings can now be done 24/7, 365 days a year. Our reservation system, Innkeeper that was installed late last year, has been very valuable with all the improved features. Villa Rentals are continuously offering new specials in line with Homeowner approvals. These specials get sent out weekly to our database of our previous clients that stayed or enquired at San Lameer and all our Social Media networks. Online is our main connection line in advertising our specials. Villa Rentals look forward in welcoming the SA Kids Golf - Junior Africa Challenge players and families that have booked for the period of 29 August 2016 - 2 September 2016. We are accommodating the players and visitors at a special rate: Book for 7 days and only pay for 5 days. The letting market seems to have improved slightly and Villa Rentals has done a bit better this year. Let's hold thumbs that the economy improves every year. San Lameer Villa Rentals is hard aan die werk! Ons is besig om al die villas skoon te maak, gereed vir die somer seisoen. Ons is ook besig om al die betalings vir die Desember / Januarie besprekings in te vorder, ter voorbereiding van die aanslae van gaste wat ons Villas gereeld kom besoek. Baie gaste vertel ons dat hulle vir die afgelope tien jaar al na San Lameer deur Villa Rentals hul vakansieplek huur. Dit is geen geringe prestasie en dit is regtig goed om te weet dat sommige van ons gaste al so lank 'n deel van die San Lameer familie is. Dit is altyd wonderlik om hul weer terug te verwelkom. Sommige gaste wat al by Villa Rentals gebly het, het besluit om daarna 'n Villa te koop en dan by te voeg in ons huurpoel om inkomste te genereer. Ons is van plan om uit te brei in die nabye toekoms. Villa Rentals het aansienlik in die afgelope twee jaar gegroei. 'n Ekstra stel hande sal voordelig wees, en tot die verbetering van diens en kwaliteit lei. Ons het onlangs 'n webwerf besprekingstelsel in werking gestel, wat al die afgelope maand aan die gang is. Dit sal meer besprekings verseker. Besprekings kan nou 24/7, 365 dae 'n jaar gedoen word. Ons besprekingstelsel “InnKeeper” wat laat verlede jaar geïnstalleer is, toon om vir ons baie waardevol te wees met al die verbeterde funksies wat die stelsel bied. Villa Rentals bied voortdurend nuwe spesiale aanbiedinge aan in lyn met huiseienaars se goedkeurings. Hierdie spesiale aanbiedinge word weekliks aan ons databasis van vorige kliënte wat al by Villa Rentals gebly of navraag gedoen het, uitgestuur. Die advertensies word ook op ons sosiale media geplaas. Aanlyn is ons grootste fokus wanneer dit by ons advertensies en spesiale aanbiedinge kom. Villa Rentals sien uit om die “SA Kids Golf - Junior Africa Challenge” se spelers en gesinne vir die tydperk van 29 Augustus 2016 - 2 September 2016 te verwerlkom. Ons huisves van die spelers en besoekers op 'n spesiale tarief: Bespreek vir 7 dae en betaal net vir 5 dae. Die verhuringsmark lyk effens beter en Villa Rentals het 'n bietjie beter vanjaar gedoen. Kom ons hou duim vas dat die ekonomie elke jaar sal verbeter. Marieta Badenhorst Villa Rentals Manager / Bestuurder