SABI Magazine February March 2016 | Page 20

Gryswater Onder invloed van die tuin-bure het ons ook begin om ons wasmasjien se water te gebruik vir die tuin. Ons het die wasbak in die waskamer se uitlaatpyp met ‘n buigbare pyp vervang. Ons het ook ‘n 90 lt plastiese bad gekoop en langs die wasmasien bo-op die drein staangemaak met die buigbare pyp se uitlaat in die plastiese bad. Mens kan net nie wag om gedurende die wasmasjien se siklus enige iets anders buitekant die waskamer te doen nie, want dan loop die bad oor. Moet veral nie die telefoon beantwoord nie! Aanvanklik het ons die bure se emmers geleen, wat impliseer dat ons nie op dieselfde dag kan wasgoed was nie. Gelukkig kon ons nog leë verfemmers in die hande kry, deeglik skoonmaak en nou kan ons twee groot bondels wasgoed se water in emmers stoor om byna die helfte van die beddings nat te gooi. Een groot bondel wasgoed gee ongeveer 196 lt water (14kg LG Turbo Drum Fuzzy Logic WFT1391TP). Twee groot bondels wasgoed gee dus byna 400 lt water. Ek het die 12 lt vlak in al die emmers afgemerk sodat die skep uit die plastiese bad in die emmers sonder raai, baie vinniger kan gaan. Twee bondels wasgoed gee byna 400 liter gryswater Intussen het ons die bad in die hoofslaapkamer se badkamer laat vervang met ‘n stort. Die bad is by die buite-kraan staangemaak, tuinslang se punt in die bad. As ons die kraan net genoeg oopdraai dat ons elke keer die 20 lt verfemmer tot op die 12 lt merk (die maksimum wat ons op onderskeidelik 62 jaar en 69 jaar, gerieflik kan dra) sonder wag kan vol skep, gaan dit baie vinnig om die 53 m2 beddings en meer as 20 vetplante in potte binne 90 minute te deurdrenk met 75 x 12 lt = 900 lt water. Leë emmers en opelug bad • Dit is 20 x 12 lt vir 18.25 m2 kruie; • 10 x 12 lt vir 5.32 m2 blomme; • 18 x 12 lt vir 16.67 m2 aalwyne, plakkies en zinnias; • 6 x 12 lt vir 6m2 skaduplante en die enigste boom op die erf; • en 12 x 12 lt vir 7m2 malvas en tamaties. Sykous vol sand herlei reënwater na bedding Aanvanklik was dit genoeg om die tuin drie maal per week nat te maak. Met hierdie uitermate hoë temperature wat ons vroeg Januarie beleef het, moet die tamaties, pampoene, kruie en zinnias egter daagliks natgemaak word. Ons 90-jarige buurvrou het haar selfs eendag oor die tamaties ontferm en hulle kom natgooi terwyl ons by die werk was. Die tamatie-fynproewertjie is ons kleindogter, Thea Naudé Ons maak deesdae die emmers ook net tot op so 10 liter vol, tuin natmaak voel dan nie meer soos ‘n berg nie. (Fisioterapeute sê hulle het skielik baie meer werk as gevolg van mense wat te swaar emmers water dra.) My man, Pieter is nou mooi “georiënteer” om die aantal emmers met net 10lt water volgens die getal op my bordjies by elke bedding neer te sit. Hy dra dit nou vir my van die waskamer af of skep dit by die tuinbad tot so 2lt onderkant die 12lt merk. Ek gooi dan self al die plante nat. So kry ons albei matige oefening. Boonop is hierdie gesamentlike projek goed vir die huwelik (“hie-wil-ek”). Mike-hulle se kompakte en beskutte tuintjie floreer met gryswater 40 grade Celsius Emmers volgens getal op bordjie Let op hoe groen die gras om die sementblad is danksy die bietjie afloopvog. ‘n Vindingryke tuinier kan sulke gedeeltes sinvol gebruik om geharde grondbedekker-kruie of groente soos Pennywort te plant. Ons maak glad nie die grasperk nat nie, maar die straling (terugkaatsing) van die verdroogde grasperk, brand selfs die kappertjies se blare aan die voorkant van die kruie-bedding. Die hardgebakte sypaadjie en die plaveisel verhoog ook die waterbehoefte van al die plante. Ons het bereken dat ons elke keer die skokkende ekwivalent van ongeveer 19mm reën water gee, maar dit hou die plante net 36 uur in stand, terwyl 19mm reën oor die hele oppervlakte die plante veel langer sal hou omdat dit die hele omgewing en ook die atmosfeer, bevogtig. Buurvrou Jeanette Viviers gebruik ‘n sykous vol sand om die water van die harde oppervlakte na haar varkoor-bedding te lei. Mike het die deurloop-pyp tussen die trap en die trapreling ingebou. Verdroogde grasperk se straling skroei kruie 18 SABI | FEBRUARY/MARCH 2016