Royal Show Pietermaritzburg 2016 | Page 56

Sorina – die meisiekind agter die masker van die Flooze DIS ‘n feit dat haar classy Floozerayna moves die kommin in jou uitbring en haar skerpsinnigheid is so aansteeklik soos waterpokkies in Witbank. Jy ken haar dalk nét as die “Hoezit my tjomma” goose wat jonk én oud vermaak en laat lag, maar daar is ‘n meisiekind genaamd Sorina ágter die masker van die Flooze wat, met ‘n meestersgraad in regte agter haar naam, mense verras met haar ernstigheid en haar opregte menswees en wat al meer geliefd raak op vertonings waar sy die gehoor verbaas met haar sangstem. Dit is juis met haar splinternuwe album getiteld HOOFLETTERS wat einde 2015 vrygestel is, dat sy wegbreek van die kenmerkende rooi leerbaadjie en die snaakse Flooze fieterjasies om mense te wys dat sy as Sorina – soos hulle – net ‘n gewone vrou, Mamma en mens is met n gesëende sang talent en ‘n nuwe album wat elke hart sal raak met die diepte en dimensie. Maar Flooze fans daarbuite, moenie vrees nie, want die Flooze en haar funny fieterjasies is net ‘n bike se brul ver en op elke vertoning kom maak sy steeds elke keer haar verskyning om vir die cool mense te wys dat in elkeen – soos die Flooze – ook maar n klein bietjie kommin erens opgesluit lê... Vir konsert besonderhede, sien die Royal tydlyn.