▶︎ School News
L/s Kameelfontein sê
geluk aan Roodelife vir
'n pragtige tydskrif
Ons is regtig trots om 'n deel te wees
van 'n baie goeie inisiatief.
Ons kan hierdie bladsy gebruik om al ons prestasies deur te gee, maar ons wil
graag ons stories met u deel. Ghandi het gesê: “Be the change you want to see in
the world.” By Kameelfontein maak ons die verskil wat ons graag wil sien.
Op 15 Maart 2014 hou ons ‘n damestee. 'n Modeparade deur Kameelfontein se eie pa’s
en oupas het die dames terdeë vermaak. Daar was gepronk en gepou en selfs hier en
daar van ‘n hemp ontslae geraak. Die dames het superman (Augus Rocher) as wenner
aangewys.
In 2011 raak ons betrokke by Dynamic Women for Children en 20 kinders wat
elke dag baie finansiële en emosionele uitdagings moet hanteer word deel van
ons skool. Ons voorsien vir hierdie kinders boeke, klere, kos en skoolopleiding.
Aangesien hulle ouers geen skoolgeld kan bekostig nie word hierdie uitgawes
alles deur die skool gedek. Met die gemeenskap en Dynamic Women
for Children se betrokkenheid het hierdie verhaal in 'n suksesstorie
verander. Vandag word hierdie maats se skoolgeld, klere en
naskool grootliks deur die gemeenskap geborg.
Valentynsdag het al die kinders en onderwysers rooi
aangetrek. Mnr. William Singleton het die tema deeglik
ter harte geneem en was die liefling van die dag.
Duan-Marie Joubert, Khanyi Ntombeni-Gauteng Noord akrobaat.
Corné Kruger-Karate SA-derde plek. Ruben Fick-SA Kickboxing
kampioen, 26 leerders-bo 80% gemiddeld in termyn 1 en 2. Baie geluk.
26
roodelife.co.za