Review/Oorsig Volume 22, Issue 01 | Page 23

Volume 22 • Issue 01 • 2018
Lek van colostrum voor kalwing . Namate tyd verloop na kalwing sal die produksie van colostrum afneem . Koeie wat colostrum uitlek weens swelling en ‘ n oorvol uier sal dus noodwendig opeindig met swakker colostrum .
Voeding . Ander as in skape is daar min bewys dat voeding werklik die produksie van colostrum beinvloed .
Seisoen . Seisonale verskille is gevind , waarskynlik ‘ n groter faktor in areas waar groot temperatuur-skommelinge plaasvind .
Mastitis . ‘ n Siek uier skei swakker colostrum af en bevat patogene wat skadelik vir die kalf kan wees .
Enting van die koei voor kalwing . Hoe breër die dekking teen siektes , hoe beter en wyer IgG-dekking .
Lengte van droe tyd . Hierdie mag ‘ n baie belangrike faktor wees . Baie tyd en geld word spandeer om die koei in die ideale kondisie af te droog . Dikwels word die koeie te lank na swak weidings sonder voldoende aanvullings gestuur . Dit lei tot gewigsvelies . My navorsing het bevind dat koeie met korter en die met langer as normaal droë periodes , beter colostrum gehad het as die met ’ n “ normale ” droogtyd van 60 dae . Alhoewel ons nie statisties kon bewys dat gewigsverlies oor die algemeen swakker biesmelk lewer nie , is die betekenisvolle verskille in die verskillende lengte van droogtyd wel ‘ n aanduiding dat voeding hier ‘ n rol mag speel .
Vertraagde oes van colostrum . Dit raak belangrik indien alle kalwers ‘ n standaard hoeveelheid colostrum ontvang . Hoe vroeër die kolleksie , hoe beter die kwaliteit .
Kontaminasie van die colostrum . ‘ n Bakteriese infeksie in die dermkanaal sal die opname van teenliggaampies belemmer en dus swaker passiewe immuniteit gee .
Gepoelde colostrum . Wanneer biesmelk van verskillende koeie saamgegooi raak , sal goeie kwaliteit verdun word deur swakker kwaliteit en die fermentasie-proses sal die teenliggaampies beskadig .
Gewig / verdunnng van colostrum . Baie hoë produseerders se colostrum word verdun deur die volume , gevolglik is die absolute hoeveelheid teenliggaampies per ml colostrum minder en moet meer gegee word om die verlangde effek te gee .
2 Hoe Toets Ons Colostrum ?
Ons het nou reeds gesien dat goeie kwaliteit Colostrum ononderhandelbaar is dat verskeie faktore die kwaliteit beinvloed . Dit mag dus van nut wees om colostrum – bestuur sodanig aan te pas dat net die beste biesmelk aan kalwers gevoer word . Daar is inderekte en direkte metodes . Met direkte metodes ( Radioimmuun diffusie toets ) word die spesiefiek immunogloblien ( teenliggaampies ) getoets . Dit is egter duur en waarskynlik nie tans prakties nie . Nuwe ontwikkelinge in tegnologie mag dit egter in die toekoms meer haalbaar maak . Ons kan ook indirekte metodes gebruik waar ander faktore soos soortlike gewig gebruik word en korrelasies in die verlede bewys het dat dit ‘ n goeie vergelyking kan gee van die biesmelk kwaliteit . Dit werk soortgelyk aan ‘ n batterysuur toetser , en die colostrometer word in die biesmelk laat dryf met ‘ n meetbare skaal namate dit sink of dryf in die biesmelk .
Goeie kwaliteit biesmelk kan dus beter identifiseer word en selfs ook gevries word vir latere gebruik .
3 Passiewe Immuniteit
Aangesien die koei en kalf se bloedvate in die baarmoeder nie toelaat dat teenliggaampies deurbeweeg nie , is dit noodsaaklik dat dit kort na geboorte gebeur deur die melk . Soos reeds gesien , is daar verskeie faktore wat die colostrum-kwaliteit kan beinvloed . Daar is ook verskeie faktore wat die opname beinvloed . Tipies moet colostrum binne 24 h opgeneem word , met die optimale tydperk binne die eerste 4h . Kalf-faktore soos respiratoriese asidose en hipoksie agv moeilike geboorte kan hierdie tyd tot solank as 40h verleng . Ander faktore wat ‘ n rol speel , is :
- vorm van spene , - grootte van koei , - vermoë van kalf om betyds op te staan , - omgewings-faktore , en - ouderdom van die koei
Binne die eerste paar ure laat spesiale aanpassings in die spysverteringstelsel van die kalf toe dat die teenliggaampies opgeneem word deur die dermwand en beland sodoende in die limfvat-stelsel . Hoe langer die verloop van tyd na geboorte , hoe minder sal opgeneem word . Dit is dus belangrik dat ‘ n goeie massa hoë kwaliteit biesmelk so gou moontlik opgeneem word . Hierdie is ‘ n kritiese beheerpunt , wat met bestuurs-aanpassings ‘ n groot bydrae kan lewer
23