Plumbing Africa September 2021 | Page 14

12 NEWS
Rudi van der Merwe : Oom Gert , As ek bel en vra hoe dit gaan is die antwoord altyd – dit gaan goed . Hy het nooit gekla nie al het hy kanker gehad . Al wat hy wou weet is wanneer hou ons weer ń visvang trip .
Van plumbing het hy baie geweet , 90 % van Bloemfontein se loodgieters het al raad by hom gekry .
Oom Gert ons mis jou alklaar in ons bedryf . Baie dankie vir alles wat ek die 21 jaar by Oom kon leer .
Rus in vrede . Tot ons weer Sien .
Pieter De Kock : Dear Oom Gert , Thank you so much for all that you ' ve done for me .
I wish I had the time to return the favour for all the advice that you have given me . Thanks for being a good friend , mentor and for guiding me on the right path . I will always be thankful to you . You will be missed . May you rest in peace Oom Gert .
Theuns Van Wyk : Ek het Gert in die vroeë negentigerjare ontmoet toe hy een van ons kliënte was en ons twee saam met Dries op ons heel eerste diepsee visvang kompetisie gegaan het Oos London toe . Ons het daar besef dat ons dieselfde passie vir visvang deel . Daar het ons groot jare lange vriendskap begin . Vrydae bel Gert en vra Van Wykie , gaan ons visvang ? Ons het bitter baie saam gaan visvang en dan ons harts geheime om die vuur met mekaar gedeel . Diep dinge gesels . Wie sal ooit die lekker karavaan vakansies by Double Mouth saam met ons gesinne vergeet wat Tokkie altyd gereël het . Die visvang en kuier om die vure tot laat nag . As ons opstaan was Gert altyd buite en besig om sy kamp plek netjies te maak – besem in die hand !
Gert se grootste passie was IOPSA . Hy en Tokkie het IOPSA in die Vrystaat gedryf opgebou tot waar dit vandag is . Hy was ongelooflik trots daarop en ' n voorbeeld vir elke loodgieter in die bedryf . Sy werk was altyd van die beste . Hy was altyd bereid om al die loodgieters – oud of jonk – met raad by te staan . Ek glo seker 90 persent van ons streek se loodgieters het al een of ander tyd by Gert aangeklop vir raad en hy het nooit nee gesê as hulle vra nie . Hy het nooit haastige besluite geneem nie . Hy sou alles eers mooi deur dink en dan ' n antwoord gee .
Bloemfontein het ' n groot yster verloor . Rus in vrede Gert . PA
www . plumbingafrica . co . za @ plumbingonline @ plumbingonline @ PlumbingAfricaOnline September 2021 Volume 27 I Number 7