Plaastoe! Plaastoe! september 2017 150dpi digital single | Page 9
Plaaslike tegnologie kan voedselveiligheid verhoog
deur naspoorbaarheid
Baie verbruikers wil in al groter mate weet presies wat
in die kos is wat hulle eet en hoe eties dit geproduseer
is. Jan en San Alleman plaas al hoe meer druk op voed-
selvervaardigers en kleinhandelaars om in ’n groter
mate deursigtig te wees oor die oorsprong van produkte.
Dit verg betroubare tegnologie om die antwoorde te gee.
Thomas Robbertse, die uitvoerende hoof van die ek-
spert-naspoorbaarheidsgroep IQ Logistica, sê daar is ’n
al groter swaai in die magsbalans van die aanbodkant na
die verbruiker toe. Dit gebeur omdat die eindverbruiker
soveel meer kennis oor voedselprodukte bekom het.
“Al hoe meer verbruikers het ’n dringendheid ontwik-
kel oor voedselveiligheid en hoe gesond ’n sekere soort
kossoort vir hulle en hul afhanklikes is. Hulle wil presies
weet wat hulle gaan eet – waar dit vandaan kom, wat
die produk se kenmerke en bestanddele is, waar dit
verbou is, of dit op ’n aanvaarbare manier en op omge-
wingsvriendelike wyse gedoen is,” sê Robbertse.
Die internet en sosiale media het meegebring dat baie
meer verbruikers inligting oor voedselprodukte letterlik
met die druk van ’n knoppie(s) tot hul beskikking het.
Platforms soos Facebook en Twitter het baie mense ’n
stem gegee om deur middel van massakommunikasie ’n
boodskap soos ’n veldbrand te laat versprei oor iets soos
byvoorbeeld vrot of bederfde kos.
“Die gety het gedraai en daar is nie meer ’n kans vir
omdraai nie. Verbruikers se behoeftes vir betroubare
inligting sal net verskerp, maar terselfdertyd word die
regulering van die nakoming van standaarde in die
voedselbedryf ook al hoe strenger. Rolspelers in die
waardeketting van die voedselbedryf word met min
keuses gelaat, behalwe dat daar behoorlike naspoor-
baarheid moet wees van die eindproduk wat op die
verbruiker se tafel beland.”
Robbertse glo dat behoorlike naspoorbaarheid ’n
wen-situasie vir die verbruiker asook die produsent is.
Naspoorbaarheid skep groter sekerheid dwarsdeur elke
stap in die waardeketting as gevolg van die verhoogde
sigbaarheid van kwaliteit in die produksieproses, terwyl
dit natuurlik tot verhoogde vertroue by die verbruiker
lei. Verhoogde vertroue oor ’n produk lei weer tot ’n
toename in voorkeur vir so ’n voedselproduk.
Doug McMillon, die president en voorsitter van die
globale kleinhandelreus Massmart, wat die meerder
heidsbelang in die plaaslike groepe Game en Makro hou,
het juis vroeër vanjaar voorspel dat verbruikers in ’n al
groter mate op deursigtigheid oor prysvasstelling en
ook die volle waardeketting sal aandring – wat ook die
oorsprong van die produk insluit. Volgens McMillon sal
verbruikers al hoe minder tyd hê om alles oor wat in ’n
produk voorkom, na te vors, maar hulle sal al hoe meer
wil weet waar dit vandaan kom.
“Verbruikers sal kies om eerder by handelaars te
koop wat deursigtig is en wat die naspoorbaarheid
bekend maak, want dan sal die koper beter voel oor
wat hy aangekoop het. Dit beteken kleinhandelaars sal
nou moet saamwerk met produsente sodat verseker
kan word voedsel is verantwoordelik en volhoubaar
geproduseer of aangekoop. Kleinhandelaars wat dit
doen en die naspoorbaarheid aan kopers bekend maak,
sal in ’n al hoe groter mate deur hul kliënte vertrou
word,” het McMillon gesê.
Hennie Ras, hoofspesialis van naspoorbaarheid en
bedryfsigbaarheid van IQ Logistica, sê die tegnologiese
deursigtigheidstelsel wat IQ Thentic ontwikkel het,
is so gevorderd dat die hele waardeketting van ’n
produk van sy oorsprong tot waar hy op die rak beland,
nagespoor word. Dit verseker dat volle naspoorbaarheid
en die volhoubaarheid bewys kan word, aldus Ras.
“IQ Thentic kan ook ’n waardeketting wat met
verskillende produkte werk – soos rou produkte in hul
oorspronklike gedaante tot die finale verwerkte en
verpakte produk op die rak – afsonderlik naspoor, maar
deur dieselfde stelsel in dieselfde databasis te gebruik.
Wat die tegnologie van IQ Thentic werklik
merkwaardig maak, is dat dit alle inligting oor die
verwerking van ’n rou produk tot ’n rakproduk in die
verskillende verwerkingstadia van die waardeketting
kan meet. Dit beteken dat die finale verwerkte produk
op ’n winkelrak se naspoorbaarheid kan strek tot by die
spesifieke plaas waar die rou produk verbou is.
“In die geval van kwaliteitsprobleme kan die
stelsel ook spesifieke gebeurtenisse tydens die
verwerkingsproses in die waardeketting uitwys oor
presies waar en wanneer ’n probleem ontstaan het en of
produkte herroep en van die rakke afgehaal moet word,”
volgens Ras.
Die naspoorbaarheid van ’n produk word gedoen
deur ’n unieke merker. In die geval van IQ Thentic word
’n blitskode (QR-kode) gebruik wat elke afsonderlike
produk van elke produksielyn kan identifiseer – maar
dit verseker ook dat ’n ouditspoor by en tussen elke
onafhanklike groep wat deel van die waardeketting
is, tot stand kom. Sodra die stelsel in plek is deur die
hele waardeketting, sal alle inligting onmiddellik
beskikbaar wees. Die QR-kode op die finale produk is
ook die manier hoe die verbruiker sal vasstel wat die
oorsprong is.
“Ons is in staat om die naspoorbaarheid ten volle te
doen ongeag van die hoeveelheid produsente of produk-
te in die waardeketting, want die naspoorbaarheidstel-
sel is wolkgebaseer (‘cloud-based’) – daarom bedek dit
die waardeketting soos ’n sambreel en skakel dus in by
elke rolspeler se eie stelsel, sê Ras.
Plaastoe! September 2017 7