Plaastoe! Plaastoe! september 2017 150dpi digital single | Página 12
Jy kan Emma seker haar oordeel
nie verkwalik nie. Skepsels
afkomstig van dié ‘sekere
lande’ het omtrent Namibië
se hele skilpadbevolking
verorber. Pleeg volksmoord
onder Botswana se donkies.
Stroop Afrika-rooshout in die
Zambezi-streek. Perlemoen in
die Kaap. Renosters en olifante
oor Suider-Afrika. Leeus …
En dan tokkel ons nog nie eens
op Afrika se leierkorpskitare en
baie van ons naaste se snare nie.
E
k hou daarenteen van mense.
Soms raak dit maar taai,
maar … Desnieteenstaande.
Emma sien my misnoeë.
”Kom, ek gaan wys jou iets
opbeurend.”
Ons stap tussen ruim voël- en
aaphokke deur. Eenkant staan ’n
voertuig met ’n staalhok agterop.
Om diere mee te vervoer?
“Nee, mense.” Ek kyk geskok na
die fraai en lewenslustige Emma.
“Jy klim in die hok. Dan gooi ons
stukkies hoendervleis op die dak en
een van ons leeus klim bo-op en jy
kan hom van onder af dophou, terwyl
hy eet.”
Seker met sy een oog op my, sy
kulinêre toekoms?
Emma maak ’n reuse-aaphok se
hek oop. Sy stap binne. Ek wag buite.
Kwansuis om nie die aap te steur nie.
“Kom in,” nooi Emma. “Ruby hou
van mans.” Ruby, die aanvallige
slingeraap. Gitswart met lang arms
en leun kinderlik met haar kop teen
Emma se bors.
“Ruby is drie jaar oud en ons
het uiteindelik vir haar ’n bruide-
gom gekry!”
Die gelukkige kêrel heet Mervin
en hy is op pad om Ruby se bestaan
te vervolmaak. Die aapnooi gee my
’n vuil kyk toe ek die hok instap.
Maar ek is verkeerd. Ruby vloog
uit Emma se arms en land op my
skouer. En dis ’n gevryery van die
voorste water. Amper asof Ruby vir
oulaas die verbode vrug wil proe
Kies só jou nuwe voermenger
Byna geen boerdery se voerbehoeftes is dieselfde nie. Bepaal jou unieke behoeftes
voordat jy ’n voermenger aanskaf.
● ● Soort dier wat gevoer word
● ● Die hoeveelheid diere in ’n groep of kamp bepaal die volume wat gemeng word,
dus is die grootte van die menger belangrik
● ● Tipe voer wat gemeng word, bv word heel bale gebruik, is daar baie krag voer in
die mengsel? ens.
● ● Aantal mengsels per dag
● ● Omstandighede by laai area
● ● Afstand van laai area na uitlaaikrippe
● ● Beskikbare laaitoerusting moet geskik wees vir die soort menger veral met
grootmaathantering van voer
● ● Weegtoestelle – moet akkuraat voer afweeg
alvorens sy die kuis bestaan van ’n
in-eg-getrede begin voer.
Ek is egter weer eens in die war.
Ruby is nie bronstig nie. Sy probeer
eerder om die bril op my kop af te
pluk en die gehoorapparate uit my
ore te grou.
Emma vertel dat bykans al die
diere op die wyksplaas van mense
kom wat hulle as troeteldiere
probeer aanhou het.
“Wilde diere bly wild. Nou word
hulle groot en byt. Dit kan nie geduld
word nie en hulle moet gaan. Daar-
om is enige dier welkom by ons. Hier
kom hoeka binnekort ’n lammer
vanger aan met net een vlerk. Die
voël kan nie meer op sy eie oorleef
nie, maar hier kan mense die manji
fieke gevleuelde bewonder.”
Soms – miskien net soms – ont-
vang Emma besoekers wat nie na
haar diere kyk en ’n kopprentjie
vorm van hoe Ruby of die afvlerk
arend oor die kole sal lyk nie.
Die jagplaas Matlamamba lê tus-
sen die Matlabas- en Mamba-rivier
● ● Sny- en mengaksie gebeur werklik eers indien menger twee derdes vol is, dus nie
geskik vir halwe mengsels
● ● Moontlike produk wat kan agter bly in die menger
● ● 20% van masjien se volume word nie gebruik nie en is geneig om “oor te kook’’
tydens die mengproses
● ● Nie ’n konstante en eweredige uitlaai-aksie nie
● ● Laer homogene mengsel – ongeveer 80%
Horisontaal, Vulkaniese Mengaksie
Vertikale, Vulkaniese Mengaksie
Dit is waar voer na bo gestoot word, en dan weer oor mekaar val deur middel
van gravitasie.
VOORDELE
● ● Goedkoper aankoopprys
● ● Lae kragverbruik en min onderhoudskoste
● ● Hoë mengvermoë (tot 32 m³) en is spesifiek ontwerp vir die vinnige opbreuk en
kerf van rondebale
● ● Lewer ’n sagte mengsel
NADELE
● ● Hoogte van menger kan laai moeilik maak
● ● Alle bestanddele moet van bo gelaai word
VOORDELE
● ● Lae masjien, kan maklik gelaai word
● ● Massahantering van bo gelaai asook kleiner hoeveelhede van agter
● ● Lae kragbehoefte
● ● Betreklike lae onderhoud
● ● Geskik vir die opbreuk en kerf van rondebale
● ● Uitlaaideure aan albei kante
● ● Meer effektiewe sny-askie as vertikale masjiene
● ● Meer eweredige uitlaai as vertikale mengers
NADELE
● ● Daar kan moontlike produk agter bly
● ● 15-20% van masjien se volume word nie gebruik nie en is geneig om “oor te
kook” tydens die mengproses
● ● Laer homogene mengsel – ongeveer 85%
Onthou, dat die gebruik van die regte voermenger produksie en kwaliteit sal
verhoog, voer kostes kan verminder asook gesonder diere verseker. Voor u besluit
om n voermenger te koop, praat met u voedings deskundige omtrent spesifieke
behoeftes.
Vir meer inligting op spesifieke Storti voermengers kontak u naaste Northmec tak of
handelaar, of besoek ons webwerf: www.northmecimp.co.za