Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 60

Nuts & Bolts Rally is op pad na die Tankwa Padstal om Suid-Afrika se eerste karbegrafnis te hou . Die groep bestaan uit ’ n klomp manne wat van ouer motors , verlate stofpaaie , koue bier en brannas hou . En vir hul naaste omgee .
Die karre moet ouer as 1986 wees . Bloot omdat tjorre uit daardie jare vir lede sentimentele waarde inhou . Ford
“ Nuts & Bolts is ’ n broederskap van ouens wat , bo en behalwe , van ouer karre en sportsmaak hou , geld insamel vir kankerlyers .”
F100s en F250s , Anglia ’ s , Cortina ’ s , ’ n Chev Commando . En hierdie was die karre wat die manne in die 1960 ’ s en ‘ 70s opgesoep het met kroumrims en breë tekkies wat knap binne melkbotteluitgerolde wielboë pas , tuisgemaakte turbo ’ s , rooi fykfur op die dêshborde , resiesstrepe , scoops en spoilers . En jou cherrie op die skaapvel sietkawwer op pad na ’ n uitsigpunt waar die stad se liggies binnekort in haar ogies gaan skitter . Die eight-track loop oor van Jim Reeves . En die zef-hondjie in die agtervenster wat sy ogies betaamlik toemaak . Hopelik .
Pieter Andersen is die Koning Arthur van hierdie Ridders van die Ronde Roetes ( hul renne bestaan gewoonlik uit sirkelroetes ).
“ Nuts & Bolts is ’ n broederskap van ouens wat , bo en behalwe , van ouer karre en sportsmaak hou , geld insamel vir kankerlyers ,” vertel hy nadat hy ’ n paar windgat esse met sy Corolla by die bymekaarkomplek iewers tussen Karoospoort en die Tankwa Padstal op die R355 tussen Ceres en Calvinia gegooi het .
Braaivleisvure brand . Manne en vroue in begrafnisklere getooi drink lang sakramente vir geestesvoorbereiding . Hulle deel ook mildelik uit . ’ n Brandsiek wegloophond kom aangedraf , geroep deur die belofte aan ’ n stukkie wors en water . Hy kry sy aalmoes . Ons vertrek na die padstal toe waar Wally reeds die graf met sy geelmasjien gegrou het . Iemand wonder hardop of die wegloophond nie as Nuts & Bolts se gelukbringer saamgeneem moet word nie . André Stander laai die brak plotseling in . En doop hom Nuts .
Pieter : “ Ons begrawe vandag ’ n 1979 Peugeot GR . Die ding het ’ n paar jaar gelede teen die Oubergpas aan die brand geslaan en die manne moes die vlamme met ’ n drie literboks wyn doodgooi . Maar hy ’ s weer heel gemaak , want daar ’ s niks wat rally- en stock car-mekênnieks nie langs die pad kan regmaak nie . Later , teen die Ganagapas val die bliksem se exhaust-system af . Toe besluit ons : Voordat iemand weer probeer om die kar reg te maak , begrawe ons hom eerder .” Die begrafnisgangers staan hoofde omlaag om die oop graf . Die lyk word kop eerste ter aarde bestel met die stertkant wat na die volgende lewe reik .
Johan Moelich lewer namens die dooie ’ n elegie , “ Nou ja , boys en girls van Nuts & Bolts , dis tyd om te groet . Gaan in vrede en doen net goed . Kom kuier so af en toe vir ’ n koue bier en ’ n lekker lag . Ek sal hier , gat omhoog , vir julle wag .”
Ons sit later die middag langs Wally se plaspoel . Die een waarin snoeke uit die dode opstaan . Die oorlede Peugeot met sy agterstewe afgeteken teen die berge sal nie weer opstaan nie . Maar Nuts , waar hy rondgevreet in André se arms lê , is van ’ n lewende dood gered .
En dit is ’ n viooltjiestorie uit ’ n plek met woestynblomme wat die waarheid fleur .
19
58 Plaastoe ! July 2017