Kenners is dit eens: Suid-Afrika spog steeds met ’n paar
uitstekende landbouskole wat topgehalte-onderrig bied.
’n Volwaardige landbouskool moet bo en behalwe die gewone
kurrikulum drie landbouvakke aanbied, naamlik landbouwetenskap,
landboubestuurspraktyke en landboutegnologie. ’n Toenemende
getal (gewone) openbare skole het ook begin met die instelling van
landbouvakke as keusevakke aan leerders.
Studie in landbou kan ook voortgesit word aan die stuk of 11
landboukolleges waar hoofsaaklik diplomakursusse aangebied word,
asook aan tersiêre instellings, waar studente verskeie voor- en
nagraadse kursusse in landbou en verwante bedrywe kan volg.
Uiteenlopende programme word aangebied, onder meer in
gewasproduksie, diereproduksie, plantbeskerming, genetika
en biotegnologie, grond- en waterkunde, landbou-ekonomie,
voedselwetenskap en bewaringsekologie. Kortkursusse is
beskikbaar vir diegene wat hul bestaande vaardighede wil opskerp
of nuwes wil verwerf.
Nie al die landboukolleges funksioneer
byvoorbeeld ewe goed nie en talle ondervind ernstige
begrotingsdruk en bestuursuitdagings.
Terblanche was onlangs betrokke by ’n onafhanklike studie oor
die stand van landbou-opleiding (vanaf skool- tot universiteitsvlak)
wat in opdrag van die gerekende Akademie vir Wetenskap in
Suid-Afrika onderneem is. Die navorsing toon daar is “heelwat
haakplekke” wat uitgestryk moet word om te verseker die land
het genoeg en opgeleide produsente en landboukundiges op
lang termyn, sê hy. Hoewel die resultate van hierdie oorsig nog
gepubliseer moet word, is dit geen geheim dat daar kommer oor
die stand van onderrig by van dié instellings is nie. Nie al die
landboukolleges funksioneer byvoorbeeld ewe goed nie en talle
ondervind ernstige begrotingsdruk en bestuursuitdagings, sê hy.
Dié instellings ressorteer tans onder die Departement van
Landbou en talle ontleders sê dit moet eerder ingelyf word by
die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding. Ander sê die
sisteem sal in die geheel hersien moet word.
083 345 2107