pere. Europa en Amerika is ook baie groot
verbruikers van vrugte. Kom jy in ʼn land
soos Saoedi-Arabië en mense koop elke dag
vir die hele gesin nawels en hulle moet die
vrugte eet.”
Die vrug wat aan die buitekant van
die boom sit, kry wel die meeste
wind, maar hy kry ook die meeste
son en is dus die lekkerste om te eet.
Maar dit is nie bloot ʼn geval van vul
koelhouers, verskeep en tel jou geld nie.
“Elke land het sy eie uitdagings. Soos die
Chinese. Hulle soek perfekte vrugte. Die
probleem is die natuur doen dit nie vir jou
nie. Vrugte waai in die wind, skuur teen
takke en word beskadig. Die Chinese soek
nie die beste nie, maar wat die beste lyk.
Hier het ons byvoorbeeld van die vrugte
met die hoogste suiker-suur-verhouding in
die wêreld. Die vrug wat aan die buitekant
van die boom sit, kry wel die meeste wind,
maar hy kry ook die meeste son en is dus
die lekkerste om te eet. En dit is moeilik om
buitelanders hiervan te oortuig.”
Ek onthou van die beste slae wat ek as
kind gekry het, was vir die herverspreiding
van Ouma Malie en die bure se appelkose,
perskes en koejawels. Gekneus, of te not.
Dus behoort ons hier ter plaatse ʼn goeie
mark te hê?
“In die eerste plek is Suid-Afrikaners
nie groot vrugte-eters nie. Skaaptjops bly
koning, omdat die gemiddelde landsburger
nie só gesondheidsbewus is nie. Ons
veramerikaniseer tog te maklik en verkies
gereeld gemorskos. Sommige mense is
selfs te lui om ʼn lemoen af te skil. Tweedens
is Suid-Afrika te uitvoergeoriënteerd.”
Dit maak sin. Uitvoer is tog waar die
groot geld roep. Gaan ons dus ooit die
geleentheid kry om self van die beste vrugte
ter wêreld te proe?
Rommelstatus is egter nie die
sitrusbedryf se grootste uitdaging
nie. Likiditeit is wel.
Hannes: “Kyk, die wêreld is nou by China
betrokke, maar daardie mark gaan afplat.
Dan kom Indië, maar hy is gekompliseerd.
Daarna is dit Afrika se beurt. Vir die wêreld
om te groei, moet hy die onderontwikkelde
ekonomieë stimuleer. As jy vir my 20
jaar gelede gesê het ons gaan vandag die
volumes teen die huidige pryse in China
verkoop, sou ek vir jou gesê het jy is
heeltemal van jou kop af. So verkoop ons
byvoorbeeld meer as ʼn miljoen kartonne in
Irak per jaar. Wie sou dit ooit kon dink?”
Afrika se beurt is goed en wel, maar dit
gebeur dalk eers oor dekades. Hoe baat die
gemiddelde Suid-Afrikaner tans by die
hoogste tonnemaat per hektaar en gehalte
ter wêreld? Dit is nou bo en behalwe om
baie ryk sitrusboere te ken. Of liewer van
te lees.
Om grond te kry, is een ding.
Om ekonomies met grond te werk,
is ʼn ander storie.
“Buitelandse beleggers. Broodnodige
kapitaal, kennis en nuwe markte kom
die land binne en stimuleer die plaaslike
ekonomie. ʼn Voorbeeld hiervan: ons
het onlangs tesame met ʼn vennoot ʼn
vrugtesapfabriek begin en sodoende die
internasionale sapmark betree. Dit was iets
waarmee ons vroeër baie gesukkel het.”
Oukei. Ons gaan vir eers nie die beste
eie vrugte eet nie. Ons pluk egter die
vrug daarvan.
Dit kan werk.
Maar onthou: Wat jy saai, sal jy maai.
Daardie huidige rommelstatusvrotvrug wat
Gedore
kirk
Plaastoe! July 2017 15