Parys Crater Street Mile 2024 | Seite 98

ñ Kontemporêre post modernistiese figuratiewe en non-figuratiewe expressionistiese kunstenaar .
ARTISTS IN PARYS

Victoria Janeke Botma

ñ Kontemporêre post modernistiese figuratiewe en non-figuratiewe expressionistiese kunstenaar .
ñ Pionier in haar eie tyd ( Epoch – produktiewe tydperk )

Victoria Janeke Botma is gebore in die jare 60 ’ s . en matrikuleer te Roodepoort Hoër met ñ onderskeidig in kuns .

Sy betree die kunswereld in 2007 as professionele kunstenaar en het op die rype ouderdom as pionier ñ verandering in die kunswereld aangebring in stilering , abstraksie van temas wat van die alledaagse asook spirutuele dimensies insluit .
Victoria het die vermoë om haar onderwerp te omskep in verskeie dimensies . Nie net op ñ een of twee dimensionele oppervlak nie , maar ook die illusie van drie dimensies plus dimensies vêr buite die ooglopende begrip .
Victoria het haar toetrede tot die kunswereld haar eie ikonografie ( Simbole en simboliek ) ontwikkel en bemeester wat enig is en nie met ander abstrakte kunstenaars vergelyk kan word nie . Sy het die bogenoemde styl haar eie gemaak en dit meesterlik begin vertolk , daarom is soos verwys , “ Victoria - ñ pionier op haar gebied .”
“ As ek lewendige , sensitiewe lynwerk wat die essensie is van tekenkuns visualiseer , dan kom Victoria se lynwerk sterk na vore .
Die lynwerk lei my in haar werk in en laat my dieper kyk om weereens die essensie van haar kunswerke te beleef , en hoewel dit nie altyd maklik is om te vertolk nie , konfronteer en praat dit met my .”
“ Sy werk soms rou uit die buise uit . Sy gebruik helder vibrerende kleure wat soms “ dekoratief ” kan vertoon , maar haar werk is vêr van dekoratief af want elke kleur , hetsy rou of gemeng , is gebruik met ñ doel wat die aanskouer intrek in die kunswerk in wat aan die toeskouer vrae vra wat net deur Victoria rasioneel ontleed kan word . Maar soos met enige ware kunstenaar gebeur dit deur onbewustelike kanale .
Victoria skilder as instrument van ons Vader en dit kom duidelik na vore in haar werk . Victoria eien haar nie die roem en geslaagdheid van die kunswerk toe nie , maar eer haar Skepper daarmee .
Sy het soos Salvador Dali haar eie filosofie ! Alhoewel dit nie ooglopend sigbaar vir die aanskouer is nie , toon haar werke wel ñ diep filosofie soos die van ñ surrealis - daarom die verwysing na Salvador Dali .
Die werklike invloede van die ou meesters soos George Braque se kubisme sowel as Piet Mondrian ( vader van abstraksie ) se komposisies in Rooi , Blou en Geel , is duidelik sigbaar in haar werke .
Victoria se komposisies is gereeld kontroversieel en daag die aanskouer uit . Soms is haar fokuspunt problematies maar deeglik en intuitief opgelos deur middel van kontraste , kleur , lig en donker .
Victoria se werke moet binne die aanskouer se ervarings wêreld benader word en die konteks daarin ervaar . Elke mens het sy eie bewussyn wat geen ander kan beleef nie , daarom ervaar elke aanskouer die werke in hulle eie ervaringsveld en konteks ”
Van haar werke is in privaat en buitelandse versamelings opgeneem en is werklik beleggings waardig .
Haar werke is onder andere te besigtig by haar Studio te 26 Derde Laan , Parys .
Geskryf deur Hennie Kruger
98 Parys Crater Street Mile