PARYS PEOPLE
5 . Ek het altyd gedink ’ n pasaangeeër is ’ n megefter wat onder die vel ingeplant word , met elektrodes in die hartspier . Ja , dit is . Maar ek is die ánder soort pasaangeeër .
6 . Verduidelik asseblief vir ons . Elke atleet het ’ n doelwit wat hulle wil bereik . Veral op “ Race Day ” – en dis waar ek inkom . Wanneer ’ n kranige atleet besluit op ’ n byeenkoms en die tyd wat hy op daardie dag wil bereik , begin ek saam met hom beplan hoe ons hom daar gaan kry . Ek hardloop voor hom , en gee die pas aan . Ek weet hoeveel woema hy moet gee om sy tyd met ’ n sekonde te verbeter , en ek maak seker dat ek daardie pas handhaaf . Die wen-margins op hierdie vlak is baie klein en ek moet self 100 % fiks en gefokus bly vir my atleet om suksesvol te wees .
Die afgelope klompie maande het ek talle atlete gehelp om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer . Mohamed Ali Houaned van Algerië en Edmunt du Plessis van Suid-Afrika is maar twee van hulle . As pasaangeeër het ek byvoorbeeld ook ’ n groot rol gespeel in die vinnigste 1000 meter wat nog nooit in Afrika gehardloop is ( deur die Wêreld Nr . 1 , Djamel Sedjati van Algerië ). Ek was ook pasaangeeër vir Algeriër Slimane Moula , wat die vinnigste 600 meter wat nog ooit in Suid-Afrika gehardloop is , aangeteken het .
7 . En hoe voel jy wanneer een van “ jou ” atlete hul doelwit bereik , soos hierdie ouens ? Ek voel geweldig trots . Ek voel deel van die prestasie . En omdat ek eerstehands weet hoe lank en hard ’ n mens as atleet vir so iets werk , is ek opreg bly saam met hom .
8 . Prolab Recovery , jou ander besigheid in Parys , is jou “ derde beroep ”. Hoe het dit gebeur dat jy so-iets begin het ? My siekte as tiener het eintlik alles daarmee te doen . Omdat ek weet hoe siekte of ’ n besering ’ n atleet kan ontspoor en laat moed verloor , wou ek iets doen om ander atlete in soortgelyke situasies te help . Ek was destyds by soveel dokters en terapeute , en niemand kon my regtig help nie . Daar was baie geleerde mense , wat nie noodwendig passievol was nie . Dis asof hulle nie besef het hoe ernstig ek was oor gesond word en om weer te presteer nie . Dis waarom ek Menslike Bewegingskunde en Sielkunde gaan swot het om . Ek wou myself gesond maak . Dit wat ek geleer het , het ek op myself toegepas en geëksperimenteer . Nie lank daarna nie , het ek weer begin deelneem en is ek vir die Springbokspan gekies . Dis die visie agter Prolab Recovery . Ek wil atlete help om hul drome te verwesenlik , selfs na ’ n terugslag . My atletiek het my die geleentheid gegee om internasionaal te reis – ek was seker al in dertig lande . Ek gaan kyk altyd na die verskillende atletiekfederasies se rehabilitasiefasiliteite en probeer by hulle leer . Na my basiese sportgraad het ek verder gaan studeer in Sportwetenskap , en ook verskeie ander kursusse gaan doen – van Strapping , Liggaamsbelyning , Massering , Sportspesifieke afrigting … selfs Thai Needling . Ek het ’ n holistiese benadering tot sportbesering-rehabilitasie .
9 . Is die terapie wat jy by Prolab Recovery doen slegs vir atlete ? Glad nie . Dis juis die wonder van al my behandelings , insluitend die suurstofterapie of hipobariese terapie wat ek doen . Suurstof is die begin van elke vorm van herstel en lewe . Of dit nou mense is wat ná ’ n operasie moet aansterk of kankerpasiënte wat hul liggame meer suurstofryk wil maak . ( Kanker groei in die afwesigheid van suurstof .) Ek het kliënte wat van wonde herstel en mense wat kardiovaskulêre probleme ná Covid het . Ek doen ’ n verskeidenheid van behandelings , onder andere limfdreinering om van toksiene in die liggaam ontslae te raak . Veral diabete en ouer mense wat sukkel met sirkulasie in hul bene , vind baat daarby . Ek het mense wat sommer weekliks inkom vir ’ n “ boost ”.
10 . Jy en jou vrou , Lente , (’ n apteker en kranige atleet in eie reg ) het ’ n baie bedrywige skedule . Hoe maak julle tyd vir mekaar in jul huwelik ? Hoe hou julle die verhouding mooi gesond ? Ons drie hondekinders help ons nogal baie daarmee . Ons speel dikwels tennis met hulle op die baan – hulle is ons “ ball boys ”. Ek en Miles , ons skaaphond , gaan draf amper elke oggend en meestal probeer Lente by ons aansluit . Ons atletiek gee ons ook die geleentheid om dikwels saam te toer , soos wat ons onlangs weer in Europa gedoen het .
Prolab Recovery Presidentstraat 46 , Parys 082 838 9436
Candyman Breëstraat 74A , Parys 082 838 9436
52 Parys Crater Street Mile