ARTISTS IN PARYS
ARTISTS
Adel Fourie - keramiekkunstenaar
“ Vandag weet ek dat ek net wil skep . Dit maak nie saak of dit met woorde , kwas , kamera of klei is nie .”
My eerste kennismaking met Adél was by ’ n kunsmark . Sy was omring deur die mooiste keramiekbeelde uit haar Dromers-reeks . Wat my dadelik opgeval het , was haar blou oë wat saam met haar gul mond gelag het . Om net tien vrae vir ’ n vrou met soveel talente te vra , is soos om net ’ n paar tjoklits uit die boks te kies . Maar hopelik gee dit ’ n proesel van die kreatiwiteit wat sy in oorvloed gekry het , uitleef en met ander deel .
1 . Jy woon op ’ n kleinhoewe in Lindequesdrift , sowat 20 km buite Parys . Hoe en wanneer het jy daar beland ? In 2007 was ek en my man al vier jaar in Engeland en vaal van die verlange huis toe . My ouers besit die grond waar ons nou woon , en het dit gebruik om ons terug te lok huis toe . Ons kon vir ons ’ n huis en vir my ’ n ateljee hier bou .
Die landelike omgewing inspireer my . Nie net in my keramiek nie , maar ook wanneer ek dig of tuinmaak . Ek en manlief hou van stede besoek , maar kannie vinnig genoeg weer ontsnap na die oopte en stilte van die lieflike landelike nie .
2 . Wanneer jy en jou dogtertjie Parys toe gaan , watter winkel of aktiwiteit is ’ n MOET op julle lysie ?
Fibi is lief vir Pretty ’ n Pizaz . Sy is ’ n regte girly girl . Ek hou van inloer by Kiki ’ s Vintage Studio of lunch by O ’ s Restaurant .
3 . Waar het jy al oral gewoon en gewerk in jou lewe ? Was jy nog altyd ’ n kunstenaar ? Randburg : Joernalis by Primedia Publishing . Engeland : Hier het ek alles gedoen van fabriekswerker in ’ n slaaifabriek tot skoonmaker in ’ n hospitaal tot kroegmeisie in ’ n pub in Patterdale in die Meredistrik . Terug in Suid Afrika het ek vier jaar as fotograaf en redigeerder gewerk vir Mardo Foto ’ s in Vanderbijlpark . Na my dogter se geboorte het ek my eie fotografie-ateljee gehad , waar ek babas en gesinne afgeneem het . Sweet Pea Photography is steeds aan die gang , maar deesdae neem ek meer foto ’ s vir my eie plesier . Ek onthou baie duidelik dat ek as klein dogtertjie agter in die motor gesit het , my ma en tannie voor . My tannie het my gevra wat ek eendag wil wees . Ek het trots verklaar dat ek ’ n “ skuldenaar ” wil wees . Hulle het gegiggel en gesê , jy bedoel seker ’ n skilder ? Dit is wel wat ek bedoel het . Maar vandag weet ek dat ek net wil skep . Dit maak nie saak of dit met woorde , kwas , kamera of klei is nie .
4 . Een van my gunsteling-reekse van jou is “ Dromers ”. As jy ’ n Dromer-beeld moes maak wat jou , Adél Fourie beskryf , hoe sal dit lyk ? Sy sal kaalvoet wees , met wilde hare en voëltjies wat in haar hare nesmaak .
5 . Wanneer en waar is jy op jou heel gelukkigste ? In die middernagtelike ure , in my ateljee … of laatmiddag in my tuin .
6 . As jy kleure moes kies om Parys en sy mense uit te beeld , wat sou daardie kleur ( e ) wees en hoekom ? Pers , pienk en wit . Midsomer , wanneer die Pride of India bome pronk , en Parys vir my op haar spoggerigste is .
7 . Wat maak jou die heel kwaadste in die lewe ? Nougesindheid en unkindness .
8 . Dink jy dis toevallig dat net pottebakkers en hekse in sprokiesverhale groot genoeg oonde het om mense in te pas ? Verduidelik vir ons waarom jy so sê ; ) Toevallig , nope ! Beide begin met rou materiaal en maak brousels daarvan . Verander dit in iets anders en skep hopelik magic .
9 . Wat is die belangrikste ding wat jou dogter jou geleer het ? Om sonder verskoning jouself te wees .
10 . Wat is die belangrikste goed wat jy vir jou dogter wil leer ? Geboorteplek : Aarde | Ras : Mens Politiek : Vryheid | Geloof : Liefde
Adél het ’ n unieke versameling keramiekkuns in haar ateljee – die meeste daarvan is te koop . Om ’ n besoek te reël , Whatsapp haar by 076 551 6635 of stuur e-pos aan dellasweetpea @ gmail . com . As jy iets besonders vir jouself of iemand anders wil laat maak , of ’ n fotosessie wil reël , kan jy dieselfde besonderhede gebruik .
22 Parys Crater Street Mile