OQG 2015 - Row by Row Quilt | Page 14

Ry 9 - UILE APPLIEK BLOK GROOTTE - 51/2 dm – naattoelating ingesluit – finale blok vasgewerk in rytjie – grootte 5dm x 5dm. 1. Agtergrondblok: 5/12dm x 5/12dm . Gebruik kleure van jou keuse. Sien voorbeeld en werk die die vier hoeke met `n ander kleur. Jou blokkie is nou gereed vir appliekwerk 2. Trek uiltjie af op appliekpapier – onthou beginsel van “mirror”- image. Voeg 1/4dm toelating by, waar uiltjie – patroondele “overlap”. Stryk patoondele vas op appliekpapier. 3. Gebruik satyn, komberssteek om Uiltjie te appliek of selfs vryhand stikwerk vir `n meer modern voorkoms. 4. Versier uiljie met siersteke, knope of dalk 3d-vere. Die keuse is joune! *********************************************** *Sashing tussen elke ry - 2½dm of soos jy verkies *Border – 3 of 4½dm of soos jy verkies.