*Voorbeelde - erkenning aan “ The directory of Quilting thechniques ” deur Caroline Rodrigues
Ry 7 – Rouche – werk en appliek - naaimasjien
Hierdie blokkies is ingestuur deur die Rafels en die Quiltmakers.
Blokgrootte na voltooing 5½ dm x 5½dm
NAAIMASJIEN
Trek naaimasjien af / verplaas op appliekpapier.
Onthou 1/4dm toelating daar waar dele van die naaimasjien “overlap”
Die kwiltjie onder die naaimasjien kan apart gemaak word, en los bo-op geplaas word om `n 3d – effek te
kry. Onthou ook die “mirror image” sou jy jou naaimasien aftrek en op appliekpapier verplaas.
Agtergrond vir appliek naaimasjien:
Maak `n posseël - blokkie van 5½dm x 5½dm naattoelating ingesluit .
Blokkies dus 1½dm x 1½dm .
Wanneer jou posseël – blokkie klaar is – kan jy jou naaimasjien daarop appliek – weereens jou keuse – satyn of
komberssteek of as jy dan sou wou ook vryhand.
*slegs voorbeeld van posseël – blokkie
5½dm x 5½dm
Gebruik verskillende kleure vir elke
klein blokkie – grootte 1½dm x 1½dm .
Hierdie klein blokkies kan ook op Vilene vasgestyk word en dan net met
“zig – zag” steek al op die nate vasgewerk word – let net op dat jou
blokkies dan 1dm x 1dm sal wees.