Waar hy
is, sal hy
"blohm"
Sommiges sê hy kruip in die Knysna-woude weg. Ander sê weer hulle hoor kitaarklanke wat vloei oor die Oos-Transvaal se waterstrome. Dan is daar diegene wat sê hy vind homself in die soutvlaktes van die Karoo en dat hulle laataand soms die silhoeëtte van 'n man en 'n kitaar in die verte kan sien.
Dalk, soos die kenners vermoed, is Jan Blohm op 'n sabbatsverlof en sal sy terugkoms sal ons herinner aan 'n hele dekade van goeie musiek. Die heruitdeel van klankgeskenke soos "Harlekyne en Treine", "Rosy" en "Breyten se Brief" sal ons herinner aan 'n dekade van goeie, Afrikaanse kunsmusiek.. Een ding is verseker - daar waar Jan is, sal hy "Blohm" en dié wat luister se gedagtes met skakerings van woorde en akkoorde vergesel.
Jan Blohm - Ruby
4