Sedert 15 jaar gelede het Beeskraal hulself as een van Suid-Afrika se grootste groepe gevestig. Verskeie media het die groep as revolusionêr bestempel, en dit was ‘n nuwe era vir Afrikaanse Rockmusiek. So het die groep dit weereens bewys met hul nuuste album, KRONKELPAD. Diè album is Beeskraal Revival (soos hulle nou bekend staan) se 8ste studio album op hul kerfstok en gewis die beste tot nog.
Daar is baie navorsing gedoen deur Beeskraal Revival aangaande die nuuste giere en groepe op die internasionale front. Dit kan mens duidelik op die nuwe album hoor. Die produksie is van internasionale standaard maar tog Suid-Afrikaans. Daar is ‘n duidelike verandering sedert hul laaste album Terug Innie Kraal. Die vakmanskap op die instrumente en die verwerkings van die liedjes is alleen al ‘n bonuspunt vir diè ongelooflike album. Die groep se fokuspunt het op die nuwe album verskuif na’n nuwe styl wat internasionaal bekend staan as ‘Appalachian Mountain music’. Hierdie is musiek in sy rouste en oorspronklikste vorm. Al die instrumentasie is akoesties en is lewendig opgeneem. Die duo verwys selfs na die nuwe styl as ‘Magaliesberg Musiek’
BEESKRAAL REVIVAL
Die liedjies is ‘n lewering van sosiale kommentaar en ‘n uitkyk op die onmiddelike gemeenskap waarin ons leef. Daar is baie sterk aangedrewe kitaarwerk wat afwissel met sterk melodieë op die banjo en ander tradisionele instrumente . Die hele album is melodies en het ‘n Southern Bible Belt tot Hillbilly country folk aanslag. Die insluiting van ander musikante soos Vinnie Henrico op tromme en Wynand Davel (Radio Kalahari Orkes) op viool voltooi gewis ‘n mooi prentjie. Kevin Hurter doen ook dan ook al die verwerkings en die hele vervaardiging is behartig deur Kevin een van die bestaande lede self ook op kitaar, banjo, mondfluitjie en harmonieë te hore. Die lirieke en melodieë is soos oudergewoonte weereens deur stigterslid Charlie Smidt met bydrae van Kevin Hurter geskryf en liedjies om dop te hou is gewis Vleisbraai, Jane, Onthou jy, Storm (geskryf deur Abel Kraamsaal), Kampvuur, Verlang, Kronkelpad en Ek’s vir jou.
Hierdie album is definitief ‘n groot mylpaal vir Beeskraal Revival in hul afwesigheid van so twee jaar a.g.v van Charlie se betrokkenheid as vervaardiger en konsepdenker van die befaamde dokumenter op kykNET ‘Country Hart met Juanita’.
Hierdie is gewis ‘n epiese verhaling van Beeskraal Revival se 15 jaar in die industrie. Die album sal weereens ‘n bewys wees van Beeskraal se oorspronklikheid en musikale vernuf waarvoor hulle bekend geword onder gehore oor die jare heen.
20