Meer oor
Jacques
J
acques Müller (39) put inspirasie uit die natuur,
die lewe in die algemeen en die onvermydelike
proses van verganklikheid. Sy skilderye en
beelde “leef” in vrede saam deur die gebruik van
abstrakte elemente soos kleur in sy skilderye en
beide organiese en anorganiese voorwerpe in sy
beelde om ’n realistiese geheelbeeld te skep. Die
kortstondigheid van die lewe is duidelik sigbaar deur
die kreatiewe proses om die onvermydelikheid van
tyd te beklemtoon.
Jacques is in 1980 in Pretoria gebore en is die
oudste van twee broers. Hy matrikuleer aan die
Hoërskool Zwartkop in Centurion waarna hy in
2004 ’n nasionale diploma in beeldende kuns aan
die destydse Technikon van Pretoria (nou Tshwane
Universiteit van Tegnologie (TUT)) verwerf.
Jacques het al beeldhou- en skilderwerk in opdrag
van korporatiewe en private versamelaars gelewer.
Sy werk is ingesluit in verskeie versamelings regoor
Suid-Afrika, Australië, Italië en die VSA.
Al verkies Jacques om “uit klip te kap”, is hy ’n uiters
alsydige kunstenaar. Hy kombineer veral klip met sy
bronsbeelde. Jacques meen daar is ’n simbiose in
dié materiale en die naamloosheid in sy beelde. As
hy nie beeldhouwerk doen nie, skilder hy graag met
olie- en waterverf.
BLADSY 3 |