Megaliete van die veld Jacques Müller | Page 28

SKILDERYE Arthur and his mom 90 cm x 70 cm Olie op doek Arthur is ’n baie dapper renosterbulletjie wat verlede jaar amptelik as ’n Voortrekker ingelyf is. Hy het in Mei 2018 self onder die kapmesse van stropers deurgeloop toe hulle sy ma se horings in die Skukuza-deel van die Nasionale Krugerwildtuin afgekap het. Arthur het ernstige beserings aan sy rug en regterpoot tydens die stroping opgedoen. Dié naam is aan hom gegee, om sy dapperheid en sy oorlewingsgees te vergestalt. Alle skilderye is ongeraam | BLADSY 28