Megaliete van die veld Jacques Müller | Page 12

Don 15 cm hoog x 40 cm in omtrek Brons & Klip Don is wees gelaat toe sy ma ook in Julie 2015 in die Krugerwildtuin gestroop is. Hy was nog baie jonk en skielik alleen en bang. Hy het ’n grys voertuig vir ’n ander renoster aangesien waar hy probeer het om skuiling ná die stroping te soek. Omdat babarenosters so afhanklik van hulle ma’s is, soek hulle vinnig na ’n plaasvervanger nadat hulle ma’s gestroop is. Hulle sal dus maklik ander diere of selfs voorwerpe as plaasvervanger aanneem. In die helikopter op pad na Care for Wild, het klein Don se hart gaan staan. Die vlieënier moes toe ’n noodlanding maak. Ná sowat drie minute van resussitasie en desperate pogings om hom te red, het ’n wonderwerk gebeur en die klein renostertjie het na sy asem gesnak soos sy hart weer begin klop het. Don is vernoem na Don English, hoofwildbewaarder in die Krugerwildtuin, wat hom aanvanklik gevind het. | BLADSY 12