Megaliete van die veld Jacques Müller | Page 10

Baby Wyntir 20 cm hoog x 30 cm in omtrek Brons & Klip Wyntir was net twee maande oud toe sy op 20 Junie 2014 by Care for Wild aangekom het. Sy is naby die Kingfisher-spruit, noord van die Talamati-boskamp gevind nadat haar ma dae vantevore deur stropers vermoor is. Sonder die beskerming van haar ma, het ’n trop hiënas haar aangeval en albei haar ore afgebyt. Haar wonde is daagliks behandel en as deel van haar herstelproses het Emma, ’n ses maande oue seekoeitjie, wat ook gered is, haar geselskap gehou. ’n Vrywilliger het ook elke aand by Wyntir geslaap. Binne ’n paar weke het Wyntir se oorlogswonde genees en haar gees is steeds ook aan die gesond word. Sy is later aan nog ’n jong weesrenoster, Tana, voorgestel. Ná nog ’n paar maande, het Mabush by hulle aangesluit. Al is Wyntir se gehoor baie swak, kan sy genoeg hoor om op haar eie te oorleef, maar sy en haar twee maatjies, wat in ’n mate haar ore geword het, is onafskeidbaar. | BLADSY 10