LANDBOU
LANDBOU
1.
CASSIE ROSSOUW | RUIGTEVLEI
Cassie ontvang ons op sy plaas aan die voetheuwels van die Piekenierskloofberge. Mis tuimel oor die steil hange en trek’ n kombers oor die groen landerye. Tans is dit’ n groot seën, want die opvolgreën bly weg. Die graan bly darem staan danksy die vogtigheid wat deur die mis ingebring word.
Soos vir die ander produsente in die omgewing, is die dreigende droogte, wat reeds groot kommer veroorsaak, vir hom’ n groot kopseer.
“ Die graan lyk op die oomblik nog goed en die are in die koringlande is gesond, maar opvolgreën is nou noodsaaklik om te verseker dat die are nog groei en die korrels reg vorm.
1. Cassie Rossouw saam met sy dogter Elana in een van die graanlande op Ruigtevlei buite Eendekuil.
MARKtoe! September 2026 49