MARKtoe! SEPTEMBER 2023 Uitgawe 108 | Page 29

LANDBOU

vir 10 jaar in die logistiekbedryf gewerk . Eers vir ‘ n plastiese ingenieursmaatskappy in Engeland en toe vir Penflex in die Kaap , totdat my skoonpa , Lang John Albertyn , vir my gevra het wanneer ek dan kom boer . Toe is dit troue en sedertdien is dit ons plek . Van boerdery het ek niks geweet nie en ek kon nie eers trekker ry nie ,” vertel hy terwyl hy al die aktiwiteit dophou . ‘ n Mens kan sien dit is ‘ n geoefende oog wat niks mis nie .

Andre verduidelik die skeerproses en dat dit belangrik is dat die wol droog moet wees . Hy sê ook dat nat wol ‘ n onregverdige gewigsvoordeel het en as dit saamgepers word , dit vreeslik warm word – amper smeulend . Die skeerders is egter al so gekonfyt dat hulle nie ‘ n skaap sal

skeer as die wol effens klam is nie .

“ Die skeerspan skeer omtrent 300 skape op ‘ n dag , man-man gemiddeld 100 , waarvoor hulle dan per kop betaal word ,” verduidelik hy .

“ Ons skeer vanjaar sowat 6 000 skape waarvan 1 500 teelooie is , 2 000 lammers en ongeveer 2 000 hamels . Ons plaas is ongeveer 4 700 ha groot en dis ideaal geskik vir die skape en ook ‘ n paar beeste . Hier is omtrent 600 ha vleilande waar die beeste graag loop , en 1 000 ha uitvalgrond . Saaigrond maak sowat 1 400 ha uit en daar is al gesê dat die een helfte van Kleiheuwel eintlik ‘ n Karooplaas met water is ,” vertel hy laggend .

Kleiheuwel is die oudste merinoplaas in die land en Andre bemark sy wol ook daarvolgens . Hy

Wol word volgens verskeie kriteria geklas , onder andere , die lengte , die veseldikte en die eenvormigheid van die kartels in die wol .
29 MARKtoe ! September 2023