ANDRE CHRISTIE-SMITH - KLEIHEUWEL
LANDBOU
ANDRE CHRISTIE-SMITH - KLEIHEUWEL
Dis ‘ n miernes van bedrywigheid op Kleiheuwel . Die pad hierheen is modderig en glad ná die goeie reën en groot plasse water , amper plate , is orals langs die pad te sien . Tussen-in is landerye met gesaaides en groot troppe skape aan die wei – blinkwit geskeer teen die groen lande met hawer , koring en gars wat omtrent kniehoogte staan .
In die skeerskuur dreun die skeermasjiene en daar is ‘ n geroesemoes soos die skeerspan van Philip Duminy van Albertinia die een merinoskaap ná die ander vir sy tweede skeersessie van 2023 nader trek .
Andre Christie-Smith is die eienaar en trustee van die Kleiheuwel-merinokudde en is die afgelope 15 jaar hier in beheer . Sy vrou , Pam , ’ n geneesheer op Bredasdorp , het ook ‘ n beduidende rol in die vestiging van die kudde gespeel .
“ Ek is eintlik ‘ n Caledonner , dis my ma se skuld , maar ek het my voete in hierdie deel van die Overberg gevind nadat ek my vrou hier ontmoet het . Ná skool , wat ek by SACS voltooi het , is ek oorsee en ek het eers in die spyseniersbedryf gewerk . Daarna was daar ‘ n bietjie rekenaarstudies en ek het
Andre Christie-Smith van Kleiheuwel .
27 MARKtoe ! September 2023