UNIEKE OPLOSSINGS
VERMINDER RISIKO, VERHOOG OPBRENGSTE
Die Omnia "Fertigation Optimisation System" (OFOS)
kan in 'n wye reeks besproeiingstelsels gebruik word,
van die hoogs gevorderde kortsiklus-drupstelsels tot
eenvoudige langsiklus-mikrobesproeiing.
Die sukses van OFOS lê daarin dat die regte hoeveelheid en
konsentrasie voedingselemente met besproeiingswater tot by die
voedingswortels vervoer word.
Die konsentrasie van voedingselemente in die besproeiingswater
maak 'n groot bydrae tot sproeibemesting, wat OFOS uniek maak.
Die produsent kan die konsentrasie van voedingselemente sonder
'n legio produkte en hoogs gevorderde inspuittoerusting manipuleer.
Met minimale bestuursinsette kan die plantvoedingskonsentrasie
tussen groeistadiums gemanipuleer word om aan die behoefte van
die plant te voorsien.
Die program waardeur die produsent sy aanbeveling doen is baie eenvoudig en 'n persoon wat oor
intermediêre rekenaaropleiding beskik, kan dit maklik bemeester. Die OFOS-toepassing is reeds ver
gevorder en is aan 'n sentrale databasis gekoppel.
Die beheer- en kontrolestelsels word ook binne die OFOS-sagteware onderhou. Deur eenvoudige insette
tot die program te maak, kan uitgebreide kontrole- en beheerinligting bekom word.
Hierdie inligting kan help om kostes te bespaar aangesien toediening- en berekeningsfoute verminder word.
Een van die kontrolefunksies is om te bepaal hoeveel kunsmis wel oor eenheidstyd toegedien is.
Monitering van veral besproeiing en plantvoeding maak die opstel van toekomstige aanbevelings maklik.
Die vordering van die bemestingsprogram deur die groeiseisoen kan noukeurig gemonitor word en gevolglik
kan aanpassings tydig gemaak word.
Die kuns lê daarin om die konsentrasie van elemente binne die plantvoedingsprogram te bestuur. Sodanige
konsentrasies is spesifiek vir grond, gewas en groeistadium. Die OFOS-program kan die produsent met
hierdie proses help.
Deur die konsentrasies van voedingstowwe in OFOS te manipuleer, maak die program 'n voorstel van
produkkeuse, volume, verdunning en toedieningstempo. Elke element het optimumwaardes in dele per
miljoen (dpm) waar plantwortels sulke elemente optimaal kan benut.
Kliënte wat die stelsel gebruik, ontvang ook ‘n landboukundige diens wat monitering insluit as deel van die
pakket.
KONTAK ONS
Roelie Steyn - Suid-Kaap - 082 452 7253
David Fouche - Suid-Kaap - 082 923 0438
Attie Haasbroek - Swartland/Sandveld - 083 557 5321
Dirk Sutherland - Boland - 082 888 8970
Niel Els - Weskus - 064 758 3126
Juanita Steenkamp – 082 884 1487
www.fertilizer.co.za