MARKtoe! SEP 2017 | Page 18

LANDBOU In hierdie stadium dien die vervoerbesigheid as ‘n buffer teen die droogte en Kallie meen hulle sou nie daarsonder kop bo water kon hou as hulle die hoeveelheid voer moes aankoop wat hulle tans doen nie. Hy het ook op hulle plaas in die Hantam 150 hektaar korog gesaai vir weiding. Dié staan nog sê hy, maar hulle verwag nie om ‘n oes af te haal vir baal nie. Tydens wintermaande word Kallie se ooie en lammers gewoonlik na sy Hantam-plaas geskuif weens die winterreënval. Buiten ‘n klein hoe- veelheid skaap was dit vanjaar egter te droog om die skuif te regverdig. Hy sê dis die eerste keer sedert hy die plaas in 1992 gekoop het wat dit so droog is dat hy nie sy skaap kan skuif nie. Ek vra waarom hulle hier voortboer as die toestande weens reënte- korte so moeilik raak en Kallie reken dat hy nie hier sal weggaan nie omdat sy voetspore hier lê. “Ek is lief vir die wêreld en dit is ook ‘n baie veilige plek om te bly.” Lekkeroog is ‘n tipiese Boesmanlandplaas wat grootte betref. Die 16 duisend hektaar het ‘n grens wat oor 65 kilometer strek en hier is ook geen Eskom-krag nie. Alle elektrisiteit vir die plaas en die huishou- ding se behoeftes word met sonpanele en ‘n windturbine opgewek. Vir bystand is daar ‘n dieselkragopwekker en vir groot kraggebruikers soos geisers en stowe word gas gebruik. Huishoudelike water word uit boor- gate op die plaas verkry, so die Vloks lewe volkome “off the grid” soos die Engelse dit sou stel. Ons besigtig die plaas en Kallie vertel dat sy lammers op die oomblik taamlik afhanklik is van kruipkorrels, gevolglik staan daar in die meeste van sy kampe lamkruiphokke. In een van dié skaapkampe is daar ‘n lamkruiphok wat ek nog nie voorheen teëgekom het nie. Dis ‘n 300mm lange plastiese pyp waarin daar ronde gate aan die bokant gesny is. Die voer word in die pyp geplaas en die gate is slegs groot genoeg vir die lammers se koppe om deur te gaan. Kallie verduidelik dat dié kruiphokke baie meer doeltreffend is as tradisionele kruiphokke. By tradisionele kruiphokke kruip die lammers deur tralies in ‘n hek om by 1. 2. Beskikbaar by jou naaste Agrimark tak.