LANDBOU
LANDBOU
reën wat ons kry , maar net ’ n sekere hoeveelheid word aan die vallei toegeken , wat uitbreidings beperk , omdat die meeste water benodig word vir uitbreidings in die Nelson Mandela-metropool ,” sê Hennie .
“ Julle het seker gesien dat die paaie in ’ n bedenklike toestand is . Gelukkig het Sanral die instandhouding daarvan by die provinsiale owerhede oorgeneem ná jare se onderhandelings , insluitend deur my broer Flippie Ehlers , en nadat ons as produsente self herstelwerk gedoen het , word daar nou iets daaraan gedoen . Dit is ons lewensaar na die hawens vir die uitvoer en verspreiding van ons vrugte , en die talle swaar vragmotors wat dit daagliks gebruik , trap dit maar uit .”
4 . Die pakhuis van 2Rivers Sitrus is in volle swang .
4 .
44 MARKtoe ! Oktober 2024