LANDBOU
LANDBOU
1 .
2Rivers Citrus | Hennie Ehlers
’ n Mens besef gou hoe omvangryk die sitrusbedryf in die Sondagsriviervallei is wanneer jy tussen die plase buite Addo tot by Kirkwood ry . Hektaar op hektaar van groen boorde , sommige nog gevlek met die oranje kleur van lemoene wat aan die lowergroen takke hang . Hierdie tyd van die jaar is die meeste boorde reeds skoon gepluk , die pakhuise is rustiger na ’ n besige seisoen , en daar is heelwat minder werkers besig met die laaste afronding van die oes .
Hennie Ehlers van 2Rivers Citrus ontvang ons by hul kantoorgebou tussen die
1 . 2Rivers Sitrus is ’ n familiebesigheid - van links staan Maurice Ferreira ( skoonseun ), Cara Ferreira ( dogter ), pa Hennie Ehlers , Hennie Ehlers junior en Jacques Ehlers .
40 MARKtoe ! Oktober 2024