LANDBOU
LANDBOU
Leroux is tans in beheer van al die produksie op die plaas .
“ Sodra Nico en sy spanne die grondvoorbereiding afgehandel het , kan ek en my mense begin plant en aan ons produksie werk – vanaf die bome in die grond kom , tot die besproeiing , bemesting , snoei , pluk en bemarking van die vrugte , wat alles onder my beheer val . Daar is uiteraard noue samewerking met die ander bedryfspanne op die plase , en ons kan nie in isolasie werk nie . Maar elkeen het sy verantwoordelikhede , en ons meng nie in sonder om die ander in kennis te stel nie .”
Die ou bome word uitgehaal as hul produksie tot onder 20 t / ha daal , waarna nuwe kultivars aangeplant word . Getrou aan hul uitgangspunt , het Nico ’ n reusekapmasjien , genaamd The Beast , aangeskaf om die ou bome en hout te versnipper .
Nico is tans in beheer van die werkswinkels ( meganies en paneelkloppers ), bemagtigingsprojekte , infrastruk-
9 . Die kanaalstelsel in die Kirkwood-omgewing wat ook Venter Boerdery se plase bedien , is ’ n lewensaar vir die sitrusbedryf .
9 .
32 MARKtoe ! Oktober 2024