MARKtoe! Oktober 2024 - Uitgawe 120 | Page 60

LANDBOU
LANDBOU

8 .

8 . Die lemoenkerwer waarmee afvalvrugte fyngemaal word voordat dit onder meer vir beeste gevoer word .

wil my seuns die geleentheid bied om hul entrepreneurskap uit te leef . Ons kom gemaklik oor die weg en hou sommer ons vergaderings hier op die kantoortrappe , maar ons praat gereeld en respekteer mekaar se kundigheid . Ons meng nie by elkeen se verantwoordelikhede in nie en volg die regte prosedures om te verseker dat hierdie onderneming glad bestuur word .”

Nico vertel dat sy pa hom deesdae hoofsaaklik besig hou met sy Bonsmara-stoet , een van die top 10 op die Stamboek-register . Een van hul bulle het vanjaar op hul veiling R380 000 gehaal , en ander beeste uit die kudde is vir gemiddeld R95 000 elk verkoop . Hy het ook ’ n boerbokkudde en sien om na die plaas waar daar 16 wildspesies is .

MARKtoe ! Oktober 2024 31