MARKtoe! Oktober 2024 - Uitgawe 120 | Page 54

LANDBOU
LANDBOU

was egter net te groot – as boerdery in jou bloed is , is dit in jou bloed . Ek wou van die begin af groot boer , en die doel was altyd om grond by te koop . Die apteek was maar net as rugsteun om brood op die tafel te sit en iets om op terug te val as die boerdery nie sou uitwerk nie .”

“ Ons het deurgaans gronde bygekoop en in 2003 ’ n deel van ongeveer 60 ha aan ’ n bemagtigingsonderneming afgestaan omdat ons graag wou sien dat almal dieselfde voordele in Suid-Afrika kon geniet . Ons het vir ’ n tyd saamgewerk , maar nou funksioneer hulle onafhanklik ,” vertel Boeram .

Hy verduidelik dat toe hulle op die huidige plaas aangekom het , daar net bosveld was , maar hulle het gou agtergekom dat onbewerkte grond beter produksie lewer . Hulle het 200 ha aangekoop – die enigste beskikbare grond omdat die res rondom Kirkwood reeds ontwikkel was . Sentralisering was nog altyd sy uitgangspunt , en vandag is alles op hul plase die resultaat van die Venter-