Burger van Aswegen is die algemene bestuurder van die pakhuis en hanteer die finansies en ander administratiewe aangeleenthede .
“ Ons is almal by alles betrokke ,” sê hy in die raadsaal , vanwaar jy deur groot glasvensters na die aktiwiteite in die pakhuis kan kyk . Saam met hom aan die stuur van sake is Adri Nel , die operasionele bestuurder .
“ Ek is verantwoordelik vir alles wat beweeg in die
pakhuis ,” sê sy laggend .
Burger het in Gauteng grootgeword , maar het op Stellenbosch gestudeer en sy BCom-graad in logistiek behaal . Ná afloop van sy studies het hy die sitrusbedryf betree en by pakhuise in Patensie en Kirkwood gewerk . Die afgelope drie jaar werk hy by Daltrus .
“ Die bedryf is klein , en jy kan nie brûe agter jou verbrand as jy hierin wil bly nie ,” skerts Burger .
2 . Daltrus se pakstoor het tien bane waar daar tydens die pakseisoen sitrusvrugte ontvang , gesorteer en verpak word .