LANDBOU was daar byna elke week reën . Daarteenoor het ons ’ n rekordnaweloes gehad , wat koue weer benodig om goed te set .
LANDBOU was daar byna elke week reën . Daarteenoor het ons ’ n rekordnaweloes gehad , wat koue weer benodig om goed te set .
Baie sagte sitrus is gevestig , maar vroeë nawels vaar tans nie goed nie . As meer as 60 t / ha gelewer word , kry ’ n mens baie kraakskil wat nie uitgevoer kan word nie . Die pluktyd vir nawels begin einde April of Mei en duur tot Augustus / September . Sagte sitrus , soos Satsumas , begin reeds in Maart ; Clementines ryp in middel-April , en die nuwe Tango ’ s / Nadorcotts word van Junie tot Augustus geoes .
“ Ons is eintlik die hele jaar besig . Sodra die boom klaar gepluk is , word dit dadelik gesnoei en voorberei vir die volgende seisoen . Niks kan aan die boom agterbly nie , want dit veroorsaak vrugtevlieë en ander siektes – sanitasie van die boorde is ’ n baie belangrike aspek van die boerdery . Alle vrugte wat onder die bome lê , word ook opgetel .
“ Ons grootste probleem met insetkoste die afgelope