MARKtoe! OKTOBER 2023 Uitgawe 109 | Page 41

LANDBOU

klink hierdie wysheid beslis dom as jy moontlik op Lord Leo se spyskaart is .

Gelukkig of ongelukkig - afhangende van jou vlak van dapperheid - vind ons nie die leeus nie . Hierdie groot katte dien egter ‘ n belangrike doel , bo en behalwe hul besienswaardigheid vir besoekers . Hulle jag en hou sodoende die aantal herbivore in toom en in ooreenstemming met die besettingstempo .

Leeus is die enigste jagters op die Addo Private Reserve .

Danie : “ Nee , hier word nie gejag nie . Vir ʼn jagplaas het jy duisende hektaar nodig . As mense sou agterkom hier word gejag , sal hulle ons nie besoek nie .”

Die gevolgtrekking : die simbiose tussen die reserwe en die lodge . Eersgenoemde lok welaf Europese besoekers . Hulle bly , eet en neem deel aan aktiwiteite in die lodge – en spandeer dus die nodige euro ’ s om die reserwe te subsidieer .

Die alternatiewe waarheid : ja , jy kan ʼn wildplaas bedryf sonder om te jag .

Die uitgeputte lede van die tydskrifspan gaan tuis by die elegante Kronenhoff Gastehuis te Kirkwook waar hulle gelawe word met kamers en etes geskik vir die adelstand .
41 MARKtoe ! Oktober 2023