LANDBOU
1.
RUSTENHOF
By Rustenhof,’ n paar kilometer verder, is die see baie nader aan die wingerde as by Roulou. Om presies te wees, vertel Pieter Bredell, eienaar en wynmaker, dis skaars meer as 3 km weg. Dus geniet die wingerde hier’ n koel klimaat wat gewoonlik nie met die groter Stellenbosch-omgewing geassosieer word nie.
Die 140 hektaar plaas het 110 hektaar onder wingerd en huisves ook’ n kelder met’ n 2 500 ton pars-kapasiteit. Pieter se wingerde is 50 / 50 tussen rooi en wit kultivars verdeel. Hy vervang elke jaar wingerde en die oudste blok op die plaas is Cinsaut wat in 1965 geplant is.
Hy verkoop al sy druiwe aan pryswenner-handelsmerke. Vir sy eie wyne, wat alles na China uitgevoer word, koop hy druiwe in. In die kelder blom hy. Dis hier waar hy sy kreatiwiteit vrye teuels gee.
Voor die pandemie het hy maandeliks sowat 200 000 liter wyn gebottel. Die bestelling vir’ n sekere styl of kultivar kom in, hy maak die wyn, dit word gebottel, en dan uitgevoer.
Ek wonder oor die besluit om sy druiwe te verkoop en dan weer druiwe in te koop. Hy lag en erken:“ Ek kan nie my eie druiwe bekostig nie!” Dis net gedeeltelik waar. Die wynmakers val oor hul voete vir sy
2.
3.
1. Pieter Bredell en sy verloofde, Hezelle Jennifer van Zyl. 2. Die eerste wynkelder op Rustenhof wat uit 1925 dateer en’ n 2 500 ton parskapasiteit het. Hier maak Pieter wyn wat na China uitgevoer word. 3. Nuwe druiwekorrels vorm in die laatsomer in die wingerde en word in die eerste drie maande van die nuwe jaar geoes. 4. Een van die wyn-etikette waaronder Pieter Bredell op Rustenhof wyn vir die Chinese mark botteleer. 5. Pieter Bredell in die kelder op Rustenhof by die vlekvryestaal tenks waarin die wyn gis.
12 MARKtoe! November 2021