MARKtoe! MEI 2023 Uitgawe 104 | Page 9

LANDBOU
3 .
3 . Charmelle het uit Kommagas hier aangekom met net 40 stuk vee en nou mik sy om haar kudde tot 1 000 te vergroot .

voorliefde vir boerdery te ontwikkel , 40 skaap en huurgrond te hê , maak uiteraard nie van iemand ʼn boer wat ʼn volhoubare onderneming op die langer termyn wil bedryf nie . Daar was egter vir hierdie aspirantboer ʼn uitkoms .

“ Ek het ʼn advertensie in die koerant gesien waar hulle die KAL Academy adverteer . Ek het aansoek gedoen , maar was te laat . Die volgende jaar doen ek toe weer aansoek en kom in . En dit was ʼn wonderlike geleentheid . Hulle het vir my geleer van die fyner detail van boerdery . Hoe om nié net vir die pot te boer nie . Hoe om te kyk na die struktuur van jou skaap , die toestand van jou veld en hoe om jou weidingskampe te bestuur . Hoe sou ek andersins geweet het van ʼn skaap se siklus ? Wanneer om die ram van die ooie te vervreem . Dit is die klein goed wat baie belangrik is .”

Charmelle het verlede jaar NQF Vlak 2 in Gemengde Boerdery voltooi en ʼn Meriete Toekenning vir Beste Vordering 2022 ontvang . Tans studeer sy NQF Vlak 3 ( Diereproduksie ) en volgens haar is die wonderlikste aspek – bo en behalwe die gehalte van die inhoud – die feit dat die kursusse gratis is . Dit sluit studiemateriaal en reis en verblyf in wanneer die studente elke drie maande te Porterville saamkom . Andersins word klasse via die internet aangebied .

9 MARKtoe ! Mei 2023