MARKtoe! MEI 2023 Uitgawe 104 | Page 7

LANDBOU

wil doen nie , maar móét doen .” Nie een van Charmelle se voormense het ooit geboer nie , maar beide Eduard se pa en oupa boer met hul veepos op meentgrond by Kommagas ( suidwes van Springbok in die Noord-Kaap ) en dit is daar waar haar liefde vir landbou ontkiem het .

“ Nadat ons begin uitgaan het , het Eduard my altyd saamgeneem na die veepos toe waar hulle met skaap , bok en ʼn bietjie bees boer .”

Die twee van hulle het ook daar begin boer , maar in 2020 , ná die droogte , het hulle net 40 skaap oor en besluit hulle om die vee Vredendal toe bring . Die Griekwagemeenskap help haar om 3 000 hektaar grond op die plaas Zoetvlakte te huur en die boerdery , genaamd Celta Enterprises , word van stapel gestuur .

“ Ons besluit hier moet ʼn plan gemaak word . Eduard sê toe vir my ek moet nou besluit wat ek vir die res van my lewe wil doen . Nié net wil doen nie , maar móét doen .”

“ Die eerste ding waarna die grondeienaar kyk , is of die huurder die huur betaal . En dit is die eerste ding wat ek doen sodra daardie eerste lammers aankom .”

Om egter veeposte te besoek , ʼn

2 .
2 . Meatmasters en witkop-Dorpers word stadig uitgefaseer omdat hulle nie so goed soos die swartkop- Dorper in hierdie wêreld aard nie .
7 MARKtoe ! Mei 2023