MARKtoe! MEI 2023 Uitgawe 104 | Page 6

CHARMELLE ADAMS - VAT DIE RAM BY DIE HORINGS
LANDBOU
1 .

CHARMELLE ADAMS - VAT DIE RAM BY DIE HORINGS

“ My aksent gee my dadelik weg . Jy kan mos hoor ek kom uit Namakwaland uit . Nababeep . En hier in Vredendal se wêreld vind die mans dit vreemd dat ʼn vrou sou wou boer . Hulle reken ek boer ook al soos ʼ ’ n man . Ry ook deesdae soos een . Hard op die pedale .”

Selfs haar vriendinne se eerste vraag wanneer hulle haar bel , is of sy op die dorp of op die plaas is .

“ Dit pla my nie . Ek is waar ek wil wees en ek doen wat ek wil doen . En dit is om te boer .”

Charmelle en Eduard ( haar wederhelf ) ontmoet mekaar langer as ʼn dekade-en-ʼn-half gelede in Nababeep terwyl hulle albei as polisiebeamptes daar werksaam was .

“ En man , het ons ʼn troue gehad . 300 gaste . Met twee spyskaarte . Die catering menu en ʼn tradisionele een . Jy kon kies of sommer van beide eet . Skoonpa gee twee of drie skaap , Oupa dra nog by . Dié een gee dit , daai een dat .”

Met die dogters , Eden , Edlyn en Evah , se aankoms , word dinge aansienlik moeiliker . Beide Charmelle en Eduard werk skofte en die dogters moet na omgesien word . “ Ons besluit hier moet ʼn plan gemaak word . Eduard sê toe vir my ek moet nou besluit wat ek vir die res van my lewe wil doen . Nié net

1 . Met durf en daad en die kennis wat sy by KAL Academy bekom het , boer Charmelle vooruit .
6 MARKtoe ! Mei 2023