MARKtoe! MEI 2023 Uitgawe 104 | Page 5

LANDBOU

’ n Ou gesegde sê : Indien jy ʼn klein fortuin uit boerdery wil maak , moet jy met ʼn groot fortuin begin . Kan hierdie veronderstelling andersom werk ? Hoe begin jy boer met so te sê niks nie ?

Eerstens moet jy nié bloot vir die pot boer nie . Jy moet jou dier of plant sorgvuldig kies om by jou omgewing te pas . En jy moet betroubare werkers aanstel ingeval jy elders moet werk om die pot aan die kook te hou . Die belangrikste is egter om moderne boerderypraktyke in te span . En daarwvoor het jy kennis nodig . Is dit enigsins moontlik ? Hier is die verhaal van vier nuwe generasie boere wat juis dit gedoen het . Met geen grond om hul eie te noem nie en dus geen manier om finansiering te bekom nie . Met baie min , indien enige , kapitaal . In twee gevalle omtrent sonder enige ervaring behalwe ʼn voorliefde vir landbou . Ondanks al die opdraandes en met hulp uit verskeie oorde , het dié vier egter die spreekwoordelike kameel deur die oog van die naald geworstel .

5 MARKtoe ! Mei 2023