MARKtoe! MEI 2023 Uitgawe 104 | Page 35

LANDBOU

boontjies en soetrissies plant . Hierdie plante se reste bly natuurlik agter en bemes jou grond en dit spaar jou weer kunsmis .”

Hierdie siklus duur ongeveer agt maande en daarna kan weer met rape begin word , gevolg deur blomkool en laastens groenboontjies . In dieselfde blok grond .

Sydney se vertikale grondbestuur – daar kan selfs na verwys word as vertikale uitbreiding – verg noukeurige beplanning en daaglikse beheer . Hy kry dit egter reg om daardie vyf komposisies op die vyf

klaviere soos ʼn wafferse Mozart uit te voer .

Daar is ook geen einde aan Sydney se toekomsplanne nie . Besoek sy Plaasmark langs die Annandalepad in Lynedoch en jy sal sien dat groot verrassings reeds besig is om in sy diepgrond te begin ontkiem .

1 . Van plant tot in die hand neem kontantgewasse ongeveer drie maande . Daarom word rape byvoorbeeld gedurende die eerste siklus in die diepgrond geplant , gevolg deur blomkool in die middelgrond en vervolgens , soetrissies in die bogrond .
1 .
35 MARKtoe ! Mei 2023