MARKtoe! MEI 2023 Uitgawe 104 | Page 33

LANDBOU
2 .
2 . Die geoeste plante se reste bly in die grond en bespaar sodoende op die nodigheid en onkoste van kunsmis .

Spinasie wat ook twaalf maande van die jaar in produksie is . Rape vir soppakke . Sopseldery .

“ Dan het ons ʼn mengsel van basilie en roket wat in die winter geplant word om reeds voorsiening te maak vir die warm somerdae . Dus moet jou beplanning baie goed wees , want hier in Julie of Augustus moet jy iets plant wat jy weet die verbruikers in die somer nodig gaan hê .”

Sydney se beplanning is puik en Agrimark bring hul kant , maar niemand kan die natuur beheer nie . Uitdagings , uitdagings , uitdagings .

“ Om die uitdagings te probeer omseil , plant ons nooit te veel van een produk nie . Kry jy onverwagse reën in die somer is dit ʼn probleem .

Vrugtebome kan byvoorbeeld daardie reën vat , maar kontantgewasse kan nie . En jou crop rotation is baie belangrik .”

Daarom plant Sydney produkte wat gedurende die eerste rondte in die dieper grond groei , die fase daarna in medium grond en laastens in die bogrond .

“ In April plant ek rape in diepgrond en hulle staan gewoonlik twee tot twee-en- ʼn-half maande . Dan , in Augustus , plant jy blomkool , want dié groei in die middelgrond . Blomkool het nie ʼn penwortel wat voeding in jou diepgrond te gaan soek nie . Jou derde fase is dan die bogrond waar jy byvoorbeeld groen-

33 MARKtoe ! Mei 2023