MARKtoe! MEI 2023 Uitgawe 104 | Page 30

LANDBOU
3 .
3 . Groente word per hand in netjiese rye geplant .

die hand moet neem . Maar ná die twee weke moet jy kan teruggaan om te laat weet die saad in die grond is . Van jou kant af moet jy die verhouding lewendig hou . Maar dit het nie oornag gekom nie . Ons moes werk daarvoor .”

Kontantgewasse se lewensduur is kort – gemiddeld 60 dae – en met die insetkoste , weer , reën en dies meer , het die boer nie baie tyd om foute reg te maak nie . Loop iets gedurende week drie skeef , kan die oes teen dag 60 tot niet wees .

Met ander woorde , daar is vele risiko ’ s . Hoekom nie wingerd verbou soos die menigte ander boere nie ?

“ Ja , hierdie is tradisioneel wingerdwêreld en daar is plek vir nog , maar ek glo daar moet boere wees wat verseker daar is elke aand ʼn bord kos op elke familie se tafel . Kyk , jy kan saans kies tussen ʼn bottel rooiwyn of ʼn witwyn , of geen wyn nie , maar kos moet daar wees .”

Sydney het juis sy besigheid , Pinehaven Agricultural Trading , op grond van hierdie siening gebou . Boonop vestig hy drie jaar gelede ook koljander as verdere komponent tot sy wisselbou . En so verskaf hy hierdie gesogte krui vir tussen sewe en nege maande van die jaar aan die mark . Die rede vir vinkel se maat se afwesigheid gedurende die laaste drie maande , is eenvoudig : die somer tree aan en koljander hou nie van warm weer nie .

Nietemin , Sydney plant sy topvyf gewasse . Drie in die somer : groen-

30 MARKtoe ! Mei 2023